Psoralea peratica is 'n struik of 'n boom in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap. Dit is deel van die fynbos en kom in die Piketberge voor waar dit 'n voorkomsgebied van 490 km² het. Daar is vyf subpopulasies, die plante op die hoër hellings word bedreig deur droogtes en indringerplante en dié op die laer hellings word bedreig deur oorbeweiding en gewasverbouing. Die spesie blom van September tot Februarie.

Bronnelys Biodiversityadvisor REDLIST Sanbi Plants of the World Online

peratica Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika