Psoralea abbottii is 'n klein tot groot struik in die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap. Dit kom op die Ngeleberge en in Pondoland van Umtamvuna tot by Mkambati voor. Daar het dit 'n voorkomsgebied van 8000 km² en daar is minder as 10 subpopulasies. Die plant word bedreig deur oorbeweiding, indringerplante en te veel brande.
Bronnelys REDLIST Sanbi Plants of the World Online
abbottii Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika