Die outeniekwafonteinbos (Psoralea diturnerae) is 'n groot struik in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap. Dit is deel van die fynbos en kom op die noordelike hellings van die Outenikwaberge by Kamferskloof voor. Daar het dit 'n voorkomsgebied van kleiner as 10 km² en daar is minder as 50 plante oor. Die plant het van sy habitat afgestaan aan indringerplante en die aanplant van plantasies.

Die boom se FSA-nommer is 750.https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bronnelys Biodiversityadvisor REDLIST Sanbi Plants of the World Online

diturnerae Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika