Die blouteebossie (Psoralea glaucina) is 'n klein struik in die familie Fabaceae en is endemies aan die Wes-Kaap. Dit is deel van die fynbos en kom op die Kaapse Vlakte voor. Dit het tans 'n voorkomsgebied van kleiner as 100 km². Daar is twee gefragmenteerde subpopulasies oor en twee waar die spesie heraangeplant is. Dié subpopulasies word bedreig deur ontwikkeling en indringerplante. Die plant blom in Desember.
Bronnelys Biodiversityadvisor REDLIST Sanbi Plants of the World Online
glaucina Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika