6 Januarie is die sesde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 359 dae in die res van die jaar (360 in skrikkeljare).
Gebeure 386 – Pous Siricius hou ’n sinode in Rome wat die kerklike dissipline vaslê. 754 – Pous Stefanus II trek oor die Alpe en ontmoet Pepyn die Korte by Ponthion om sy hulp te vra teen die Lombarde. 1450 – Pous Nicolaas V begin die heiligverklaringsproses van Sint Simpert van Ausburg. Die proses word eers in 1468 voltooi. 1453 – ’n Sameswering teen Pous Nicolaas V word ontdek en onderdruk. 1563 – Pous Pius IV stel Frederico Gonzaga, broer van die hertog van Mantua en Ferdinando de’ Medici, seun van die hertog van Florence aan as kardinale. 1485 – Pous Innocentius VIII verklaar Markgraaf Leopold van Oostenryk heilig. 1560 – Pous Pius IV word gekroon deur kardinaal Alessandro Farnese.
1622 – Pous Gregorius XV stig die Congregatio de propagande fide met sy bul Inscrutabili divinae providentia. 1704 – Eerste kerkgebou van NG gemeente Kaapstad die Groote Kerk word ingewy. 1768 – Pous Clemens XIII publiseer Summa Quae – Oor die Poolse Kerk. 1838 – Samuel Morse toets die elektriese telegraaf suksesvol vir die eerste keer. 1857 – Die Vierkleur word die eerste keer gehys. 1900 – Tweede Vryheidsoorlog: Die Slag van Platrand vind plaas. 1903 – Albert Einstein trou met Mileva Maric. 1907 – Maria Montessori open haar eerste skool en dagsorgsentrum vir werkersklaskinders in Rome. 1912 – Nieu-Meksiko word die 47ste deelstaat van die Verenigde State. 1963 - Windhoek se middestad word oorstroom na 'n wolkbreuk; ten minste 6 mense verdrink. 1973 – Schoolhouse Rock draai vir die eerste keer. 1995 – ’n Brand in ’n woonstel in Manila lei tot die ontbloting van die beplande Operasie Bojinka-komplot van Al-Kaïda. 2005 – Oudpres. Nelson Mandela bevestig dat sy enigste oorlewende seun, Makgatho Mandela, gesterf het aan MIV/vigs. 2021 – Gewapende aanhangers van die uitgaande president Donald Trump bestorm die Amerikaanse Kapitool in Washington, D.C. 2025 – Indonesië sluit by BRICS aan.
Geboortes 1367 – Richard II van Engeland († 1400). 1412 – Johanna van Arkel, Franse nasionale heldin († 1431). 1834 – Georges de Layens, Franse botanis en byeboer († 1897). 1838 – Max Bruch, Duitse komponis en dirigent († 1920). 1861 – Victor Horta, Belgiese argitek en ontwerper († 1947). 1865 – Stephanus Postma, Afrikaanse teoloog en predikant († 1904). 1878 – Carl Sandburg, Amerikaanse digter en geskiedkundige († 1967). 1890 – Paul Louw, Afrikaanse predikant en digter († 1933). 1897 – Ferenc Szálasi, Hongaarse militêre offisier en politikus († 1946). 1906 – Walter Battiss, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 1982). 1913 – Loretta Young, Amerikaanse aktrise († 2000). 1932 – Nathan Kirsh, Swazi- en Suid-Afrikaanse miljardêr-sakeman en filantroop 1944 – Bonnie Franklin, Amerikaanse aktrise († 2013). 1946 – Syd Barrett, Engelse sanger, liedjieskrywer en musikant wat die rockgroep Pink Floyd in 1965 gestig het († 2006). 1955 – Rowan Atkinson, Britse akteur. 1955 – Virginia Davids, Suid-Afrikaanse sopraan. 1962 – Mike Schüssler, Suid-Afrikaanse ekonoom († 2022). 1964 – Richard Louis, naelloopatleet van Barbados († 2025). 1984 – Marius van der Westhuizen, Suid-Afrikaanse internasionale rugbyskeidsregter. 1986 – Deepika Padukone, Indiese aktrise en model. 1987 – Bongani Khumalo, Suid-Afrikaanse sokkerspeler. 1999 – Eliza Scanlen, Australiese aktrise.
Sterftes 1448 – Christoffel van Beiere, 'n koning van Denemarke, Noorweë en Swede (* 1418). 1693 – Mehmet IV, sultan van die Ottomaanse Ryk (* 1642). 1884 – Gregor Mendel, Oostenrykse Augustynse monnik, bioloog en ontdekker van die grondslag van die genetika (* 1822). 1900 – Herman Albrecht, Kaapkolonie ontvanger van die Victoriakruis (* 1876). 1919 – Theodore Roosevelt, die 26ste President van die Verenigde State (1901–1909) (* 1858). 1977 – Matilda Hanekom, Afrikaanse aktrise (* 1899). 1981 – A.J. Cronin, Skotse fisikus en digter (* 1896). 1993 – Rudolf Nureyev, Russiese balletdanser (* 1938). 1993 – Dizzy Gillespie, Amerikaanse trompetspeler van jazzmusiek (* 1917). 1995 – Joe Slovo, Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, en 'n lid van die ANC (* 1926). 2013 – Neil Adcock, Suid-Afrikaanse krieketspeler (* 1931). 2019 – Johan Claassen, Suid-Afrika se ses-en-twintigste Springbokkaptein (* 1929). 2022 – Sir Sidney Poitier, Amerikaansgebore Bahamaanse akteur, regisseur, skrywer en diplomaat (* 1927).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Driekoningedag in Katolisisme
Kategorie:Januarie