7 Januarie is die sewende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 358 dae in die res van die jaar (359 in skrikkeljare).
Gebeure 1545 – Ugo Boncompagni (later Pous Gregorius XIII) word referendaris van die tribunaal van die Apostoliese hof vir geregtigheid en genade. 1566 – Pous Pius V volg Pous Pius IV op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1608 – Brande verwoes Jamestown, Virginië. 1610 – Galileo Galilei se waarnemings onthul vir die eerste keer die vier grootste mane van Jupiter: Kallisto, Europa, Ganumedes en Io. Hy gee aan elk 'n naam en die vier staan dus bekend as die Galileaanse mane. 1765 – Pous Clemens XIII publiseer "Apostolicum Pacendi" – Verdediging van die Jesuïte. 1782 – Bank of North America, die eerste kommersiële Amerikaanse bank, word geopen. 1785 – Jean-Pierre Blanchard van Frankryk en Amerikaner John Jeffries reis vanaf Dover, Engeland, na Calais, Frankryk, in 'n lugballon. 1797 – Die moderne Italiaanse vlag word vir die eerste keer gebruik. 1875 – Die Tünel, die tweede oudste ondergrondse stedelike spoorlyn word ingewy in Istanboel. 1927 – Die eerste transatlantiese telefoonoproep word gemaak - New York (Stad) na Londen. 1940 – Tydens die Winteroorlog tussen Finland en die Sowjetunie kom die Sweedse Vrywilligerlugmag te staan teen 12 vegvliegtuie, 5 bomwerpers en 8 ander vliegtuie. 1953 – Amerikaanse president Harry S. Truman kondig aan dat die Verenigde State 'n waterstofbom ontwikkel het. 1959 – Amerika erken die nuwe Kubaanse regering van Fidel Castro. 1980 – Amerikaanse president Jimmy Carter bekragtig wetgewing wat $1,5 miljard in lenings toelaat om Chrysler Corporation uit hul finansiële verknorsing te help.
Geboortes 1502 – Pous Gregorius XIII (Ugo Boncompagni), 227ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1585). 1800 – Millard Fillmore, 13de President van die Verenigde State († 1874). 1837 – Thomas Henry Ismay, Britse skeepsmagnaat, stigter van die White Star Line († 1899). 1905 – Coert Steynberg, Suid-Afrikaanse beeldhouer en ontwerper († 1982). 1917 – Sarel Jacob Pretorius, Afrikaanse digter († 1995). 1934 – Hendrik Witbooi, Namibiese politikus en die sewende kaptein van die ǀKhowesin-stam († 2009). 1948 – Ichirō Mizuki, Japannese sanger, komponis en filmakteur († 2022). 1952 – Jurinus Janse van Rensburg, voormalige Suid-Afrikaanse Geneesheer-generaal. 1957 – Ivan Glasenberg, Suid-Afrikaanse besigheidsman en multimiljardêr. 1959 – Peter Mokaba, ANC-politikus († 2002). 1963 – Rand Paul, Amerikaanse Republikeinse juniorsenator vir Kentucky. 1964 – Nicolas Cage, Amerikaanse akteur. 1966 – Corrie Sanders, Suid-Afrikaanse bokser († 2012). 1967 – Nick Clegg, Britse politikus. 1967 – Irrfan Khan, Indiese akteur († 2020). 1977 – Sofi Oksanen, Fins-Estniese skryfster en dramaturg. 1984 – Ran Danker, Amerikaanse akteur. 1985 – Lewis Hamilton, Britse Formule Een-renjaer, sewemalige wêreldkampioen. 1991 – Caster Semenya, Suid-Afrikaanse middelafstandatleet.
Sterftes 1451 – Amadeus VIII, hertog van Savoje ook Teenpous Felix V (* 1383). 1536 – Catharina van Aragon, Koningin van Engeland en eerste vrou van Hendrik VIII van Engeland (* 1485). 1655 – Pous Innocentius X, 236ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1574). 1814 – Ira Allen, een van die stigtervaders van die Amerikaanse deelstaat Vermont (* 1751) 1818 – Karl Heinrich Bergius, Suid-Afrikaanse apteker en natuurkenner van Duitse herkoms (* ~1790). 1882 – Ignacy Łukasiewicz, Poolse chemikus en pionier in die oliebedryf (* 1822). 1943 – Nikola Tesla, Oostenryksgebore Amerikaanse uitvinder, fisikus en ingenieur (* 1856). 1968 – Prof. J.L.B. Smith, Suid-Afrikaanse igtioloog wat die selakant geïdentifiseer het (* 1897). 1989 – Hirohito, Japannese keiser (* 1901). 1990 – Virginia Lee, Suid-Afrikaanse sangeres (* 1927). 2000 – Bob McFadden, Amerikaanse akteur (* 1923). 2007 − Magnus Magnusson, Yslandse joernalis, vertaler, skrywer en televisie-aanbieder (* 1929). 2008 – Alwyn Schlebusch, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman (* 1917). 2015 – Rod Taylor, Australiese akteur (* 1930). 2019 – John Joubert, Suid-Afrikaanse komponis en akademikus (* 1927). 2024 – Franz Beckenbauer, Duitse sokkerspeler en bestuurder (* 1945). 2024 – Jothan Msibi, Suid-Afrikaanse taxibedryfleier en sakeman (* 1861). 2025 – Jean-Marie Le Pen, Franse intelligensiehoof en politikus (* 1928).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Januarie