11 Januarie is die elfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 354 dae in die res van die jaar (355 in skrikkeljare).

Gebeure 1621 – In sy laaste konsistorie stel Pous Paulus V tien kardinale aan, waaronder Desiderio Scaglia, O.P., kommissaris van die Inkwisisie. 1696 – ’n Ligte aardbewing vind in die Kaap de Goede Hoop plaas. 1787 – William Herschel ontdek Oberon en Titania, twee mane van die planeet Uranus. 1794 – Jan Willem Wernich word as Landmeter-Argitek aangestel aan die Kaap. 1879 – Die Anglo-Zoeloeoorlog breek uit. 1887 – F.W. Reitz word tot president van die Vrystaat verkies. 1909 – Die Nasionale Konvensie oor die totstandkoming van die Unie van Suid-Afrika kom in Kaapstad byeen. 1913 – Die Springbokke druk nege drieë en klop die Franse Hane in Bordeaux met 3 1922 – Leonard Thompson word die eerste persoon wat met insulien ingespuit word. 1991 – Die Internasionale Krieketraad besluit om sy isolasie van Suid-Afrikaanse krieket voort te sit toe hy deur die aansoekers, die SA Krieketunie en die SA Krieketraad, om toere genader word.

Geboortes 347 – Theodosius I, keiser van die Romeinse Ryk († 395). 1755 of 1757 – Alexander Hamilton, Amerikaanse ekonoom, politikus en filosoof († 1804). 1856 – Harry Gordon Selfridge, Britse kleinhandelmagnaat († 1947). 1878 – Paul de Groot, Suid-Afrikaanse akteur († 1940). 1894 – Margaret Ballinger, leier van die Suid-Afrikaanse Liberale Party († 1980). 1903 – Alan Paton, Suid-Afrikaanse skrywer en politikus († 1988). 1906 – Albert Hofmann, Switserse wetenskaplike († 2008). 1909 – Victor Ivanoff, Suid-Afrikaanse kunstenaar, spotprenttekenaar en sanger († 1997). 1911 – P.J. Olivier, Suid-Afrikaanse staatsman, Goewerneur van Kaapland († 1958). 1918 – Gunnar Sønsteby, 'n lid van die Noorse weerstandsbeweging tydens die Duitse besetting van Noorweë in die Tweede Wêreldoorlog († 2012). 1929 – Nicoletta Orsomando, Italiaanse televisie-aanbieder en aktrise († 2021). 1930 – Rod Taylor, Australiese akteur († 2015). 1934 – Jean Chrétien, Kanadese politikus, 20ste premier. 1934 – Mitchell Ryan, Amerikaanse akteur († 2022). 1946 – Naomi Judd, Amerikaanse sangeres en aktrise († 2022). 1963 – Arne Dahl, Sweedse skrywer. 1974 – Die Rosenkowitz-sesling word in Kaapstad gebore. 1987 – Armand Aucamp, Suid-Afrikaanse akteur. 1991 – Pieter Labuschagne, Suid-Afrikaanse rugbyspeler.

Sterftes

314 – Pous Miltiades. Party bronne gee die datum as 10 Januarie (* datum onbekend). 705 – Pous Johannes VI, die 85ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 655). 812 – Staurakios, keiser van Bisantium (* datum onbekend). 844 – Pous Gregorius IV, die 101ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* c 795). 844 – Michael I, keiser van die Bisantynse Ryk (* circa 770). 1055 – Konstantyn IX, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1000). 1494 – Domenico Ghirlandaio, Italiaanse skilder (* 1449). 1845 – Henry George Grey, waarnemende goewerneur aan die Kaap van Goeie Hoop (* 1766). 1923 – Konstantyn I van Griekeland (* 1868). 1952 – Hendrik Hanekom, Suid-Afrikaanse toneelakteur (* 1896). 1955 – Rodolfo Graziani, Italiaanse maarskalk tydens die Tweede Wêreldoorlog (* 1882). 1976 – Paul Sauer, Suid-Afrikaanse politikus (* 1898). 1984 – Jack La Rue, Amerikaanse akteur (* 1902). 1998 – Klaus Tennstedt, Duitse dirigent (* 1926). 2008 – Edmund Hillary, Nieu-Seelandse bergklimmer en ontdekkingsreisiger (* 1919). 2023 – Carole Cook, Amerikaanse aktrise (* 1924). 2023 – Harriet Hall, Amerikaanse huisdokter (* 1945). 2024 – Gonzalo Lira, Amerikaanse ondersoekende joernalis en oorlogskommentator. Hy sterf in Oekraïnse aanhouding (* 1968).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Higinus - pous van die Rooms-Katolieke Kerk

Kategorie:Januarie