14 Januarie is die veertiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 351 dae in die res van die jaar (352 in skrikkeljare).

Gebeure

1301 – Die Árpád-dinastie in Hongarye eindig. 1460 – Pous Pius II proklameer ’n nuwe kruistog teen die Turke. 1506 – Pous Julius II koop die Laocoon-groep vir die Vatikaanse museum. 1664 – Pous Alexander VII stel twaalf nuwe kardinale aan, waaronder Girolamo Boncompagni, aartsbiskop van Bologna. 1764 – Pous Clemens XIII publiseer Ubi primum accepimus – Gelukwensing aan Aartshertog Joseph van Oostenryk met sy verkiesing as Duitse koning. 1943 – Tweede Wêreldoorlog: Die Casablanca Konferensie begin. 1954 – Joe DiMaggio trou met Marilyn Monroe. 1972 – Koningin Margrethe II bestyg die troon kragtens 'n nuwe opvolgingswet. 1993 – Suid-Afrika onderteken die VN konvensie wat die gebruik van chemiese wapens verbied. 1994 – Die ANC maak sy Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) bekend. 2004 – Die nasionale vlag van Georgië, die sogenaamde Vyf-kruisevlag, word tot amptelike gebruik herstel ná 'n onderbreking van ongeveer 500 jaar. 2024 – Nadat Margrethe II ten gunste van haar oudste seun abdikeer het, lê Frederik X die ampseed as nuwe koning van Denemarke af.

Geboortes 83 v.C. – Marcus Antonius († 30 v.C.). 771 – Konstantyn VI, keiser van die Bisantynse Ryk († Circa 805). 1131 – Waldemar I van Denemarke († 1182). 1850 – Groothertog Aleksei Aleksandrowitsj van Rusland, die vyfde kind en vierde oudste seun van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna († 1908). 1875 – Albert Schweitzer, Duitse filosoof en fisikus, ontvanger van die Nobelprys vir Vrede (1952) († 1965). 1901 – Alfred Tarski, Poolse wiskundige en logikus († 1983). 1902 – Olaf Andresen, Duitsgebore Afrikaanse liedjieskrywer († 1985). 1916 – Bun Booyens, Afrikaanse kultuurhistorikus († 2010). 1918 – Demetrios Tsafendas, wat Eerste minister Dr. Hendrik Verwoerd op 6 September 1966 vermoor het. (1999). 1925 – Yukio Mishima, Japannese skrywer, digter, draaiboekskrywer, akteur, regisseur, nasionalis en stigter van die Tate no kai († 1970). 1937 – Hendrik Jan Marsman, Nederlandse skrywer, digter, romansier en vertaler († 2012). 1937 – Bent Mejding, Deense akteur en regisseur († 2024). 1941 – Faye Dunaway, Amerikaanse aktrise. 1942 – Amichand Rajbansi, Suid-Afrikaanse politikus († 2011). 1943 – Mariss Jansons, 'n Letlandse dirigent († 2019). 1953 – Janusz Waluś, Poolse immigrant wat die SAKP-leier, Chris Hani, in 1993 vermoor het. 1969 – Jason Bateman, Amerikaanse akteur. 1973 – Giancarlo Fisichella, Italiaanse professionele renjaer. 1994 – Dricus du Plessis Suid-Afrikaanse professionele gemengde gevegskunstenaar

Sterftes 1648 – Casparus Barlaeus, Nederlandse humanis en skrywer (* 1584). 1742 – Edmond Halley, ’n Britse sterrekundige, direkteur van die Greenwich-sterrewag en ontdekker van Halley se Komeet (* 1656). 1752 – George Berkeley, Ierse filosoof (* 1685). 1766 – Frederik V van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1723). 1867 – Jean Auguste Dominique Ingres, Franse skilder (* 1780). 1917 – Ben Viljoen, Suid-Afrikaanse kryger (* 1869). 1957 – Humphrey Bogart, Amerikaanse akteur (* 1899). 1972 – Frederik IX van Denemarke (* 1899). 1977 – Anaïs Nin, Amerikaanse essayis, romansier en kortverhaalskryfster (* 1903). 1978 – Kurt Gödel, Oostenrykse wiskundige (* 1906). 1984 – Koos du Plessis, Suid-Afrikaanse musikant (* 1945). 2016 – Alan Rickman, Bitse akteur (* 1946). 2017 − Kevin Starr, Amerikaanse geskiedkundige (* 1940). 2019 – Paweł Adamowicz, Poolse politikus (* 1965). 2019 – Wilf Rosenburg, Springbokrugbyspeler (* 1934).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Januarie