12 Januarie is die twaalfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 353 dae in die res van die jaar (354 in skrikkeljare).
Gebeure 1199 – Pous Innocentius III verklaar Homobonus, ’n handelaar uit Cremona, heilig. 1643 – Giovanni Battista Pamphilj (later Pous Innocentius X) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale. 1660 – Benedetto Odescalchi (later Pous Innocentius XI) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale. 1682 – Antonio Pignatelli (Later Pous Innocentius XII) word biskop van Faenza. 1746 – Pous Benedictus XIV publiseer Urbem Romanam oor die bestuur van die stad Rome. 1858 – Die skool Gimnasium word in die Paarl gestig. 1904 – Die Herero-oorlog (1904-1908) breek in Duits-Suidwes-Afrika uit. Die Herero's kom in opstand teen Duitse koloniale oorheersing. Driekwart van die Hererobevolking word uitgewis en 'n groot aantal Duitsers verloor hul lewens. 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrikaanse magte val Duits-Suidwes-Afrika by Ramansdrift in. 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Rooi Leër begin 'n reuse-offensief aan die Oostelike Front wat die Duitse linies by Vistula breek en die weg baan vir die oorwinning van Berlyn. 1964 – Die Zanzibar-rewolusie het in die Sultanaat van Zanzibar plaasgevind. 1987 – Frank Quint, Suid-Afrika se eerste bruin ambassadeur, begin sy ampstermyn in Nederland. 2010 – ’n Aardbewing van 7,0 op die Richterskaal vernietig die Haitiaanse hoofstad Port-au-Prince grotendeels met sterftes tussen 220 000 en 500 000.
Geboortes 1580 – Jan van Helmont, Vlaamse chemikus, fisioloog en medikus († 1644). 1729 – Edmund Burke, Ierse filosoof en politikus († 1797). 1854 – Henry Bale, Hoofregter van die Natalse Hooggeregshof († 1910). 1856 – John Singer Sargent, Amerikaanse skilder († 1925). 1865 – Jan F.E. Celliers, Afrikaanse skrywer, dramaturg en digter († 1940). 1876 – Jack London, Amerikaanse skrywer, joernalis en sosiale aktivis († 1916). 1893 – Hermann Göring, Duitse politieke en militêre leier († 1946). 1900 – Siegfried Schürenberg, Duitse akteur († 1993). 1906 – Emmanuel Levinas, Franse filosoof († 1995). 1916 – Pieter Willem (P.W.) Botha, Suid-Afrikaanse politikus, agste Eerste Minister (1978–1984) en sesde Staatspresident van Suid-Afrika (1984–1989) († 2006). 1925 – Katherine MacGregor, Amerikaanse aktrise († 2018). 1940 – Bob Hewitt, Australiese en Suid-Afrikaanse beroepstennisspeler. 1945 – Dawid Swart, Suid-Afrikaanse akteur († 2022). 1951 – Kirstie Alley, Amerikaanse aktrise, vervaardiger en skryfster († 2022). 1964 – Jeff Bezos, Amerikaanse internet-entrepreneur en mediamagnaat. 1971 – Venessa Schoeman, Suid-Afrikaanse dieetkundige en lewenstylredakteur. 1987 – Naya Rivera, Amerikaanse aktrise († 2020). 1991 – Pixie Lott, Engelse aktrise.
Sterftes
1519 – Maksimiliaan I, Heilige Romeinse Keiser (* 1459). 1537 – Lorenzo di Credi, Italiaanse skilder en beeldhouer (*c. 1459). 1665 – Pierre de Fermat, Franse wiskundige (* 1601 of 1606/7). 1666 – Ds. Joan van Arckel eerste dominee van die NG Kerk (* 1640). 1936 – Frederick Charles Kolbe, 'n Suid-Afrikaanse Katolieke filosoof, digter, skrywer en plantkundige (* 1854). 1943 – Jan Campert, Nederlandse joernalis, digter en skrywer (* 1902). 1976 – Agatha Christie, Britse skryfster (* 1890). 1977 – M.S.B. Kritzinger, Afrikaanse letterkundige en leksikograaf (* 1896). 1981 – Isobel Elsom, Engelse aktrise (* 1893). 1988 – Connie Mulder, Suid-Afrikaanse politikus (* 1925). 2005 – Merwe Scholtz, Afrikaanse letterkundige, taalwetenskaplike, skrywer en digter (* 1924) 2013 – Helen Elliot, Skotse tafeltennisspeler (* 1927). 2020 – Aart Staartjes, Nederlandse akteur, regisseur, televisieaanbieder en dokumentêrvervaardiger (* 1938). 2023 – Gerrie Coetzee, Suid-Afrikaanse bokser en wêreldswaargewigbokskampioen (* 1955). 2023 – Frene Ginwala, Suid-Afrikaanse joernalis en politikus (speaker van die Nasionale Vergadering) (* 1932). 2023 – Piet de Jager, Afrikaanse regsgeleerde wat veral bekendheid verwerf as rolprentmaker en digter (* 1953). 2023 – Paul Johnson, Engelse joernalis, geskiedkundige en skrywer (* 1928).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Januarie