13 Januarie is die dertiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 352 dae in die res van die jaar (353 in skrikkeljare).
duimnael|160px|Schalk Burger is op die dag in 1983 gebore.
Gebeure
1435 – Pous Eugenius IV publiseer die bul Sicut Dudum teen die slawerny op die Kanariese Eilande. 1473 – Giuliano della Rovere (later Pous Julius II) word biskop van Catania. 1653 – Jan van Riebeeck teken in sy dagregister aan dat op hierdie dag die eerste koring in die Nederlandse Kaapkolonie gedors is. 1672 – Pous Clemens X reguleer die hantering van relikwieë. 1716 – Michelangelo Conti (later Pous Innocentius XIII) word camerlengo van die kollege van kardinale. 1870 – Die eerste van Samuel Zwaartman (H.W.A. Cooper) se 25 Boerebrieven uit Fraserburg verskyn in Het Volksblad. 1898 – Émile Zola publiseer J'Accuse om die Dreyfus-aangeleentheid bloot te lê en beskuldig die Franse regering van anti-Semitisme. 1914 – ’n Kommissie van openbare veiligheid word in Kaapstad aangestel weens landwye nywerheidsonrus. 1915 – Eerste Wêreldoorlog: Suid-Afrikaanse troepe beset Swakopmund in Duits-Suidwes-Afrika. 1942 – Te midde van oorlogswoelinge stel dr. D.F. Malan, leier van die opposisie, in die Volksraad die omskepping van Suid-Afrika in ’n republiek voor. 1949 – Durbanonluste: die Indiese gemeenskap word geteiken deur Zoeloe-skares. Tydens die brutale veldtog word huise en besighede afgebrand, Indiërvroue en -meisies verkrag en Indiërmans en -vroue van enige ouderdom vermoor. 142 sterf, meer as 'n duisend word beseer en 40 000 word vlugtelinge. 1956 – Frankryk stig 'n permanent bemande navorsingsbasis, die Dumont d'Urville-stasie, in Adélieland in Antarktika. 1957 – Die speelgoedmaatskappy Wham-O vervaardig hulle eerste vlieënde skyf, wat later herdoop is tot die Frisbee. 1978 – Australië wen die tweede Vrouekrieketwêreldbeker in Indië. 1986 – 'n Maand lange gewelddadige stryd begin in Aden, Suid-Jemen, tussen ondersteuners van Ali Nasir Muhammad en Abdul Fattah Ismail, wat duisende sterftes tot gevolg het.
Geboortes 1883 – Prins Arthur van Connaught, Britse politikus en derde Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1920–1924) († 1938). 1887 – Albert van der Sandt Centlivres, Hoofregter van die Unie van Suid-Afrika († 1966). 1910 – Tryna du Toit, Afrikaanse skrywer († 2005). 1926 – Carl von Hirschberg, Suid-Afrikaanse diplomaat († 2017). 1927 – Sydney Brenner, Suid-Afrikaanse molekulêre bioloog († 2019). 1950 – Peter Louw, Afrikaanse digter en 'n regsgeleerde. 1953 – Derek Hanekom, Suid-Afrikaanse oud-kabinetsminister en lid van die African National Congress. 1961 – Julia Louis-Dreyfus, Amerikaanse aktrise. 1963 – Andrew Roberts, Britse geskiedkundige en joernalis. 1967 – Annie Jones, Australiese aktrise. 1972 – Denver Vraagom, Suid-Afrikaanse TV- en filmakteur, getroud met Vanessa, aktrise in 7de Laan. 1977 − Orlando Bloom, Engelse akteur en vervaardiger. 1983 – Schalk Burger, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1988 – Daniela Dodean, Roemeense professionele tafeltennisspeler en Europese kampioen.
Sterftes 1691 – George Fox, Engelse Dissenter (religieus-andersdenkende) en stigter van die Genootskap van Vriende (* 1624). 1717 – Maria Sibylla Merian, Switserse natuurwetenskaplike en kunstenaar (* 1647). 1852 – Fabian Gottlieb von Bellingshausen. As bevelvoerder van die tweede Russiese om-die-wêreldvaart was hy een van drie mense wat Antarktika vir die eerste keer waargeneem het (* 1778). 1882 – Wilhelm Mauser, Duitse wapenontwerper (* 1834). 1919 – Hans Bielenstein, Duits-Baltiese protestantse martelaar (* 1863). 1922 – C.P. Hoogenhout, een van die agt stigters van die Genootskap van Regte Afrikaners (* 1843). 1941 – James Joyce, Ierse skrywer en digter (* 1882). 1983 – Arthur Space, Amerikaanse akteur (* 1909). 1992 – Yvonne Bryceland, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1925). 2017 – Mark Fisher, 'n Britse skrywer, kultuurteoretikus, filosoof en dosent (* 1968). 2021 – Sinikka Nopola, Finse skrywer van kinderstories (* 1953). 2021 – Hannes Viljoen, Springbok-vleuel (* 1943). 2021 – Siegfried Fischbacher, Amerikaanse vermaaklikheidpersoonlikheid (* 1939). 2023 – Christo Viljoen, Suid-Afrikaanse ingenieur en akademikus (* 1937). 2024 – Joyce Randolph, Amerikaanse aktrise (* 1924). 2025 – Niël Barnard, hoof van Suid-Afrika se Nasionale Intelligensiediens (NID) (* 1949). 2025 – Oliviero Toscani, Italiaanse fotograaf en artistieke direkteur (* 1942).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Januarie