10 Januarie is die tiende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 355 dae in die res van die jaar (356 in skrikkeljare).

duimnael|180px|Eben Dönges is verkies tot staatspresident van Suid-Afrika, maar is op die dag in 1968, voor hy ingesweer is, oorlede. duimnael|180px|Die sanger Theuns Jordaan is op die dag in 1971 gebore.

Gebeure

49 v.C. – Julius Caesar en sy X Equestris-legioen kruis die Rubicon en oortree daarmee Romeinse reg en begin 'n burgeroorlog. 236 – Pous Fabianus volg Pous Anterus op. 1529 – Pous Clemens VII stel sy familielid Ippolito de' Medici aan as kardinaal. 1806 – Beëindiging van die Bataafse bewind aan die Kaap 1810 – Napoleon skei van keiserin Joséphine, sy kinderlose eerste vrou. 1888 – Die Swartbergpas word oopgestel. 1890 – Opening van grafkelder van koningin Cleopatra. 1929 – Die Belgiese kunstenaar Hergé skep Kuifie (Frans: Tintin), 'n denkbeeldige karakter wat in meer as 200 miljoen strokiesprentboeke in 40 tale gepubliseer is. 1943 – Die Meliskerk, Nederlandse vragskip vol wapens en ammunisie, vergaan ’n paar seemyle noordoos van Port St. Johns. 1946 – Die eerste algemene vergadering van die Verenigde Nasies open in Londen. Altesaam 51 lidlande is teenwoordig. 1962 – Drie mense verdrink toe die Boesmansrivier sy walle oorstroom naby Estcourt en Weenen in Natal. 1966 – Die Niggiemoorde of murasiemoorde, waartydens twee twaalfjarige niggies Magrieta (Issie) Fourie en Petronella Nel verkrag en vermoor word vind plaas in Odendaalsrus. 1967 – Leabua Jonathan en John Vorster, eerste minister van onderskeidelik Lesotho en Suid-Afrika, ontmoet in Kaapstad. 1982 – Die derde Vrouekrieketwêreldbeker begin in Nieu-Seeland. 2014 – Tafelberg se kabelkar (sweefspoor) verwelkom sy 23-miljoenste besoeker op die berg.

Geboortes 1745 – Isaac Titsingh, Nederlandse snydokter en diplomaat († 1812). 1780 – Hinrich Lichtenstein, Duitse geneesheer, skrywer en botanikus († 1857). 1818 – Dirk Postma, Nederlandse en Suid-Afrikaanse teoloog en grondlegger van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika († 1890). 1829 – Sir David Tennant, Kaapse politkus, staatsman en die tweede Speaker van die Kaapkolonie († 1905). 1843 – Willem Petrus de Villiers, predikant in die NG Kerk, lid van die Kaapse Wetgewende Vergadering, kampvegter vir Christelike Nasionale Onderwys en taalstryder († 1908). 1869 – Grigori Raspoetin, Russiese lekeprediker († 1916). 1872 – Andries Dreyer, Suid-Afrikaanse sendeling en kerkhistorikus († 1938). 1883 – Ds. Dirk du Plessis, predikant in 3 Gereformeerde kerke († 1941). 1924 – Max Roach, Amerikaanse jazztromspeler en -komponis († 2007). 1927 – Johnnie Ray, Amerikaanse akteur († 1990). 1931 – Alex Boraine, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en voormalige kerkleier († 2018). 1936 – Stephen E. Ambrose, Amerikaanse geskiedkundige en biograaf van twee voormalige V.S. presidente († 2002). 1945 – Gunther von Hagens, Duitse ontleedkundige († 2026). 1945 – Rod Stewart, Britse popsanger. 1949 – Linda Lovelace, Amerikaanse pornografiese aktrise († 2002). 1961 – Janet Jones, Amerikaanse aktrise. 1965 – Zamuxolo Peter, Suid-Afrikaanse politikus († 2020). 1971 – Theuns Jordaan, Suid-Afrikaanse sanger († 2021).

Sterftes

310 – Pous Miltiades. Party bronne gee die jaartal as 311 (* Onbekend). 681 – Pous Agato, 79ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±577). 976 – Johannes I Tzimiskes, Bisantynse keiser (* 925). 1276 – Pous Gregorius X, 184ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1210). 1778 – Carolus Linnaeus, Sweedse dokter, plantkundige en bioloog (* 1707). 1794 – Georg Forster, Duits-Poolse etnoloog en joernalis (* 1754). 1897 – Gustav Christian Schwabe, Duits-gebore Britse koopman en finansier (* 1813). 1946 – Hjalmar Reitz, Suid-Afrikaanse politikus en skrywer (* 1877). 1862 – Samuel Colt, Amerikaanse uitvinder van die rewolwer (* 1814). 1966 – Abraham Jonker, Suid-Afrikaanse politikus, skrywer en joernalis (* 1905). 1968 – Eben Dönges, Suid-Afrikaanse joernalis, kultuurleier en politikus, Staatspresident van Suid-Afrika (* 1898). 1971 – Coco Chanel, Franse mode-ontwerper (* 1883). 1975 – Anna Petronella van Heerden, eerste Afrikaner vrou wat as mediese dokter kwalifiseer (* 1887). 2013 – Jorge Selarón, Chileens gebore Brasiliaanse skilder en keramiekkunstenaar (* 1947). 2015 – Dr. F.I.J. van Rensburg, Afrikaanse akademikus en literêre kritikus (* 1922). 2015 – Taylor Negron, Amerikaanse akteur, skrywer, skilder en vervaardiger (* 1957). 2016 – David Bowie, Britse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger (* 1947). 2023 – Jeff Beck, Britse musikant (* 1944). 2023 – Konstantyn II, koning van Griekeland van 1964 tot 1974 (* 1940).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Fabianus in die Rooms-Katolieke Kerk. Feesdag van Pous Miltiades in die Rooms-Katolieke Kerk. (party bronne gee 10 Desember). Feesdag van Pous Agato in die Rooms-Katolieke Kerk. In die Ortodokse Kerk is dit op 20 Februarie. Feesdag van Pous Theonas van Alexandrië in die Kopties-Ortodokse Kerk.

Kategorie:Januarie