9 Januarie is die negende dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 356 dae in die res van die jaar (357 in skrikkeljare).
duimnael|180px|Eugène Marais is op die dag in 1871 gebore.
Gebeure
1185 – Pous Lucius III stel Umberto Crivelli (later Pous Urbanus III) aan as kardinaal en aartsbiskop van Milaan. 1522 – Pous Adrianus VI volg Pous Leo X op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1548 – Pous Paulus III stel Charles II de Bourbon-Vendôme aan as kardinaal. 1623 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word Camerlengo van die Kollege van Kardinale. 1788 – Connecticut word die 5de deelstaat van die Verenigde State. 1909 – Groot skade word aangerig en drie mense verdrink nadat die Apiesrivier sy walle oorstroom in Pretoria. 1922 – 'n Staking deur sowat 22 000 werkers in goudmyne aan die Witwatersrand begin. 1941 – Die Avro Lancaster bomwerper onderneem sy nooiensvlug. 1942 – Tweede Wêreldoorlog: Britse en Suid-Afrikaanse magte herower Bardia in Noord-Afrika. 2008 – Peter de Villiers word aangewys as die eerste swart afrigter van die Springbokke. 2015 – 'n Massa vergiftiging by 'n begrafnis in Mosambiek laat 75 dood en meer as 230 mense siek.
Geboortes 1554 – Alessandro Ludovisi (later Pous Gregorius XV), 234ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1623). 1654 – Philippe van Dievoet, Belgiese goudsmid van koning Lodewyk XIV († 1738). 1871 – Eugène Marais, Afrikaanse skrywer en digter († 1936). 1888 – M.T.R. Smit, Suid-Afrikaanse predikant en skrywer († 1972). 1908 – Simone de Beauvoir, Franse feministiese skryfster († 1986). 1911 – Gypsy Rose Lee, Amerikaanse aktrise († 1970). 1913 – Richard Nixon, Amerikaanse politikus en staatsman; 37ste President van die Verenigde State († 1994). 1914 – Kenny Clarke, Amerikaanse tromspeler van jazzmusiek († 1985). 1928 – Judith Krantz, Amerikaanse romans skryfster († 2019). 1932 – Ryne de Beer, Suid-Afrikaanse musikant (Die Fluitende Predikantsvrou) († 2008). 1933 – Wilbur Smith, Zambiesgebore Suid-Afrikaanse romanskrywer († 2021). 1941 – Joan Baez, Amerikaanse sangeres, liedjieskrywer en aktivis. 1967 – Dave Matthews, Amerikaanse musikant. 1967 – Gary Teichmann, Suid-Afrika se vyf-en-veertigste Springbokkaptein. 1975 – André Vos, Suid-Afrika se nege-en-veertigste Springbokkaptein. 1976 – Elena en Olesya Nurgalieva, Russiese identiese tweeling maratonatlete wat in die jare 2003 tot 2014 die Comrades-maraton totaal oorheers het. 1982 – Catherine, Hertogin van Cambridge. 1998 – Kerris Dorsey, Amerikaanse aktrise en sangeres.
Sterftes
1514 – Anna van Bretagne, koningin van Frankryk (* 1477). 1848 – Caroline Herschel, Duits / Engelse sterrekundige en sangeres (* 1750). 1873 – Charles Louis Napoleon Bonaparte, keiser en bekend as Napoleon III van Frankryk (* 1808). 1878 – Victor Emmanuel II, koning van Italië (* 1820). 1908 – Wilhelm Busch, Duitse skilder (* 1832). 1904 – Alf Richards, Suid-Afrika se derde Springbokkaptein (* 1867). 1925 – Willem Conradie, predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk en die skrywer van onder meer die Afrikaanse Kinderbybel (* 1857). 1930 – Eduard Willem Bok, Amerikaanse redakteur en bekroonde skrywer (* 1863). 1931 – Genl. Jan Celliers, Boerekryger (* 1861). 1947 – Karl Mannheim, Duitse sosioloog (* 1893). 1949 – Julius Allum, Noorse militêre attaché in Suid-Afrika tydens die Tweede Vryheidsoorlog en skrywer (*1865) 1966 – Antanas Žmuidzinavičius, Litause skilder (* 1876). 1995 – Souphanouvong, President van Laos (* 1909). 2014 – Paul du Toit, Suid-Afrikaanse kunstenaar, wat gespesialiseer het in skilderkuns, papier, gemengde media en beeldhouwerk (* 1965). 2017 – Zygmunt Bauman, Pools-Britse sosioloog en filosoof (* 1925). 2018 – Gerald Morkel, premier van die Wes-Kaap en burgemeester van Kaapstad (* 1941). 2022 – Dwayne Hickman, Amerikaanse akteur en regisseur (* 1934). 2023 – Melinda Dillon, Amerikaanse aktrise (* 1939).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Feesdag van Pous Gregorius X in die Rooms-Katolieke Kerk.
Kategorie:Januarie