8 Januarie is die agtste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 357 dae in die res van die jaar (358 in skrikkeljare).
Gebeure
1198 – Pous Innocentius III volg Pous Celestinus III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1335 – Pous Benedictus XII word gekroon. 1438 – Pous Eugenius IV open die konsilie van Ferrara. 1455 – Pous Nicolaas V publiseer die bul Romanus Pontifex wat die slawehandel weereens goedkeur. 1610 – Maffeo Barberini (later Pous Urbanus VIII) word prefek van die Opperste Tribunaal van die Apostoliese Signatura. 1635 – Fabio Chigi (later Pous Alexander VII) word biskop van Nardò. 1655 – Pous Alexander VII verklaar Franciscus van Sales salig. 1680 – Pietro Vito Ottoboni (later Pous Alexander VIII) word kardinaal-priester van S. Prassede. 1806 – Die Slag van Blaauwberg vind plaas gevolg deur die tweede Britse besetting van die Kaap die Goeie Hoop. 1828 – Die Demokratiese Party van Amerika word gestig. 1889 – Herman Hollerith ontvang 'n patent vir sy elektriese tabelleermasjien. 1912 – Die South African Native National Congress (SANNC) word as voorloper van die African National Congress in Bloemfontein gestig. 1918 – Ko-operatiewe Wijnbouwers Vereniging van Zuid-Afrika (die KWV) word gestig. 1984 – Broenei sluit aan by die ASEAN. 1989 – Die ANC kondig die onttrekking van sy vegters uit Angola aan ter ondersteuning van die vredesakkoord. 2004 – RMS Queen Mary 2, die grootste passasiersskip ooit, word gedoop deur sy naamgenoot se kleindogter, koningin Elizabeth II. 2020 – Ukraine International Airlines-vlug 752, 'n Boeing 737, word afgekiet nadat dit opgestyg het in Teheran, Iran en al 176 mense aan boord sterf.
Geboortes
1817 – Theophilus Shepstone, Brits-Suid-Afrikaanse politikus († 1893). 1855 – Sir James Rose-Innes, Hoofregter van die Republiek van Suid-Afrika († 1942). 1904 – Karl Brandt, SS-generaal en oorlogsmisdadiger († 1948). 1908 – William Hartnell, Britse akteur († 1975). 1911 – Esther Mentz, Suid-Afrikaanse operasangeres en aktrise († 1986). 1935 – Elvis Presley, Amerikaanse sanger, kitaarspeler en akteur († 1977). 1936 – Ferdi Hartzenberg, Suid-Afrikaanse politikus († 1936). 1937 – Shirley Bassey, Britse sangeres. 1942 – Stephen Hawking, Britse fisikus en skrywer († 2018). 1942 – Junichiro Koizumi, Japannese politikus, van 2001 tot 2006 premier van Japan. 1942 – Wjatsjeslaf Zoedof, Sowjetse ruimtevaarder († 2024). 1946 – Whitey Basson, Suid-Afrikaanse sakeman en miljardêr. 1947 – David Bowie, Britse sanger, liedjieskrywer en vervaardiger († 2016). 1957 – Sisi Khampepe, regter in die Konstitusionele Hof van Suid-Afrika. 1978 – James Alexander, Suid-Afrikaanse akteur en vervaardiger († 2023). 1979 – Butch James, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1983 – Kim Jong-oen, leier van Noord-Korea. 1986 – Peng Shuai, Chinese professionele tennisspeler. 1987 – Cao Zhen, Chinese professionele vrouetafeltennisspeler. 2000 – Noah Cyrus, Amerikaanse aktrise.
Sterftes
1198 – Pous Celestinus III, die 175ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* ±1106). 1324 – Marco Polo, een van die eerste (tesame met sy pa en oom) westerlinge om met die syroete na China te reis (* 1254). 1642 – Galileo Galilei, 'n Italiaanse fisikus, wiskundige, sterrekundige en filosoof (* 1564). 1704 – Lorenzo Bellini, Italiaanse geneesheer en anatomis (* 1643). 1713 – Arcangelo Corelli, Italiaanse komponis (* 1653). 1811 – Friedrich Nicolai, Duitse skrywer en uitgewer (* 1733). 1941 – Robert Baden-Powell, Britse offisier en skrywer (* 1857). 1946 – Dion Fortune, Walliese skryfster en okkultis (* 1890). 1978 – Rick Turner, Suid-Afrikaanse akademikus en anti-apartheidsaktivis (* 1941). 1979 – Mabel Jansen, Suid-Afrikaanse skryfster, opvoedkundige en kultuurleier (* 1889). 1983 – Gerhard Barkhorn, Duitse bobaasvlieënier en slegs die tweede vegvlieënier wat meer as 300 vyandige vliegtuie kon neerskiet (* 1919). 1996 – François Mitterrand, Franse president (* 1916). 2010 – Otmar Suitner, Oostenrykse dirigent (* 1922). 2023 – Adriaan Vlok, Suid-Afrikaanse politikus en oud-kabinetminister (* 1937).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Januarie