5 Januarie is die vyfde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 360 dae in die res van die jaar (361 in skrikkeljare).

Gebeure

269 – Pous Felix I volg Pous Dionisius op. 1066 – Harold Godwinson word koning van Engeland. 1477 – Slag van Nancy: Hertog Renatus II, hertog van Lotaringe vra die Switserse Bondgenootskap om bystand teen hertog Karel die Stoute wat die hoofstad van Lotaringe onder beleg geplaas het. Die 6 000 troepe van die Switserse Bondgenootskap vernietig die 10 000 man-lëer van hertog Karel van Boergondië. Hertog Karel sterf tydens die veldslag. 1896 – Wilhelm Röntgen ontdek ’n vorm van elektromagnetiese bestraling wat later bekend staan as X-strale. 1933 – Bouwerk begin aan die Golden Gate-brug in San Franciscobaai. 1953 – Die toneelstuk Waiting for Godot deur Samuel Beckett word vir die eerste keer uitgevoer. 1970 – All My Children word vir die eerste keer op die ABC televisienetwerk uitgesaai, en vier in 2005 sy 35ste draaijaar in die Verenigde State. 1971 – Op die Melbourne-krieketveld speel Australië en Engeland in die eerste internasionale eendagwedstryd; Australië wen met 5 paaltjies. 1998 – 'n Swaar ysreën tref die oostelike dele van Kanada en die Verenigde State en lei tot grootskaalse kragonderbrekings. 2000 – Die eerste dag van die 2000 Al-Kaïda Spitsberaad. 2005 – Michael E. Brown, Chad Trujillo en David L. Rabinowitz ontdek die dwergplaneet Eris.

Geboortes 1789 – Thomas Pringle, Suid-Afrika se eerste Engelstalige digter en een van die baanbrekers vir persvryheid († 1834). 1865 – Sir James Molteno, die laaste speaker van die Kaapse Wetgewer en die eerste van die Unie-Volksraad († 1936). 1876 – Konrad Adenauer, Duitse politikus en staatsman, Kanselier van Wes-Duitsland († 1967). 1887 – Courtney Hodges, Amerikaanse generaal tydens die Tweede Wêreldoorlog († 1966). 1900 – Yves Tanguy, Franse surrealistiese skilder († 1955). 1928 – Walter Mondale, 42ste Amerikaanse visepresident († 2021). 1931 – Robert Duvall, Amerikaanse akteur († 2026). 1932 – Douglas Livingstone, Suid-Afrikaanse digter († 1996). 1932 – Umberto Eco, Italiaanse skrywer en filosoof († 2016). 1942 – Jan Ellis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler († 2013). 1942 – Maurizio Pollini, Italiaanse klassieke pianis († 2024). 1946 – Diane Keaton, Amerikaanse aktrise († 2025). 1969 – Marilyn Manson, Amerikaanse sanger. 1975 – Bradley Cooper, Amerikaanse akteur. 1981 – Joel Thomas Zimmerman, Kanadese elektroniese musiekvervaardiger en platejoggie (DJ). 1996 – Suné Luus, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.

Sterftes 1066 – Eduard die Belyer, Britse monarg (* 1003). 1477 – Karel die Stoute, Hertog van Boergondië (* 1433). 1589 – Catharina de' Medici, eggenote van Hendrik II van Frankryk (* 1519). 1762 – Jelizawjeta Petrowna, Keiserin Elisabeth van Rusland (* 1709). 1929 – Groothertog Nikolaas Nikolajewitsj van Rusland, die seun van groothertog Nikolaas Nikolajewitsj (senior) (* 1856). 1933 – Calvin Coolidge, 30ste President van die Verenigde State (* 1872). 1979 – Charles Mingus, Amerikaanse jazzmusikant en -komponis (* 1922). 1982 – Hans Conried, Amerikaanse akteur (* 1917). 1990 – S. Ignatius Mocke, Afrikaanse digter en skrywer, joernalis en redakteur (* 1912). 1997 – Kas van den Bergh, Afrikaanse skrywer (* 1925). 2018 – John W. Young, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1930). 2023 – Earl Boen, Amerikaanse akteur (* 1945).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae

Kategorie:Januarie