4 Januarie is die vierde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 361 dae in die res van die jaar (362 in skrikkeljare).
duimnael|Danie Craven is op die dag in 1993 oorlede. duimnael|Marais Viljoen, die 5de Staatspresident van Suid-Afrika, is op dié dag in 2007 oorlede.
Gebeure 275 – Pous Eutichianus volg Pous Felix I op. 605 – Aj Ne’ Ohl Mat word heerser van Palenque. 1186 – Koning Hendrik IV trou met Constance van Sisilië. 1493 – Christophorus Columbus verlaat die Nuwe Wêreld, en beëindig só sy eerste reis. 1673 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word prefek van die Heilige kongregasie van die Raad. 1806 – Goew. J.W. Janssens kondig op die vooraand van die Slag van Blaauwberg krygswet af. 1884 – Die Fabian Society word in Londen gestig. 1896 – Utah word die 45ste deelstaat van die Verenigde State. 1948 – Mianmar verkry onafhanklikheid van die Britse Ryk sonder om die Britse Statebond te betree. 1960 – Denemarke, Noorweë, Oostenryk, Portugal, Swede en die Verenigde Koninkryk stig die Europese Vryhandelsvereniging. 2004 – Om 04:35 UTC land NASA se Mars Rover Spirit suksesvol op Mars. 2018 – Die Shosholoza Meyl ontspoor na 'n botsing met 'n vragmotor tussen Hennenman en Kroonstad, waarby 21 mense sterf en 254 beseer word.
Geboortes 1710 – Giovanni Battista Pergolesi, Italiaanse komponis, violis en orrelis († 1736). 1785 – Jacob Grimm, Duitse skrywer en filoloog († 1863). 1809 – Louis Braille, Franse opvoedkundige († 1852). 1643 – Isaac Newton, Britse wetenskaplike en filosoof († 1727). 1865 – Genl. Chris Muller, Anglo-Boereoorlog-kryger († 1945). 1874 – Josef Suk, Tsjeggiese komponis, skoonseun van Antonín Dvořák († 1935). 1937 – Stella Sigcau, Suid-Afrikaanse politikus van Transkeise herkoms († 2006). 1940 – Helmut Jahn, Duits-Amerikaanse argitek († 2021). 1965 – Velenkosini Hlabisa, Suid-Afrikaanse politikus en latere kabinetsminister. 1970 – Marc Batchelor, Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspeler († 2019). 1983 – Derick Hougaard, Springbokrugbyspeler. 1988 – Carina Nel, Suid-Afrikaanse aktrise. 1990 – Louis Fouché, Suid-Afrikaanse rugbyspeler. 1990 – Marizanne Kapp, Suid-Afrikaanse internasionale vrouekrieketspeler.
Sterftes 1786 – Moses Mendelssohn, Duits-Joodse filosoof tydens die Verligting (* 1729). 1913 – Alfred von Schlieffen, Duitse generaal en militêre strateeg (* 1833). 1920 – Benito Pérez Galdós, Spaanse digter (* 1843). 1941 – Henri Bergson, Franse filosoof (* 1859). 1960 – Albert Camus, Franse skrywer en filosoof (* 1913). 1961 – Erwin Schrödinger, Oostenrykse fisikus (* 1887). 1965 – T.S. Eliot, Amerikaans-Britse digter en dramaturg, ontvanger van die Nobelprys vir Letterkunde, 1948 (* 1888). 1993 – Danie Craven, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en administrateur (* 1910). 1996 – Jan Spies, Namibiese skrywer en storieverteller (* 1936). 2000 – Alfred Bohrmann, Duitse sterrekundige (* 1904). 2007 – Marais Viljoen, Suid-Afrikaanse politikus en vyfde Staatspresident van Suid-Afrika (1979–1984) (* 1915). 2011 – Coen Moulijn, Nederlandse sokkerspeler (* 1937). 2021 – Tanya Roberts, Amerikaanse aktrise en rolprentvervaardiger (* 1955). 2024 – Glynis Johns, Suid-Afrikaanse aktrise (* 1923).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:Januarie