3 Januarie is die derde dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 362 dae in die res van die jaar (363 in skrikkeljare).

duimnael|Burry Stander tydens die 2012 Olimpiese Somerspele. Hy is op 3 Januarie 2013 in 'n padongeluk oorlede. duimnael|Michael Schumacher is op die dag in 1969 gebore.

Gebeure

936 – Pous Leo VII volg Pous Johannes XI op. 1496 – Leonardo da Vinci poog onsuksesvol om ’n vliegmasjien te laat vlieg. 1521 – Pous Leo X verban Martin Luther uit die Katolieke Kerk. 1586 – Pous Sixtus V stel die maksimum aantal kardinale op 70 in sy bul Postquam verus. 1701 – Vincenzo Maria Orsini (Later Pous Benedictus XIII) word kardinaal-biskop van Frascati. 1749 – Benning Wentworth begin om die New Hampshire Grants uit te reik op land waarop die provinsie van New York ook aanspraak maak, en wat tans Vermont is. 1815 – Oostenryk, die Verenigde Koninkryk, en Frankryk smee ’n geheime verdedigingsbondooreenkoms teen Pruise en Rusland. 1833 – Die Verenigde Koninkryk verkry beheer oor die Falkland-eilande in die Suid-Atlantiese oseaan. 1857 – Cape Argus verskyn die eerste keer in Kaapstad, en wel as 'n oggendblad. 1888 – Die 91 cm refraktorteleskoop by Lick Observatory, op daardie stadium die grootste teleskoop ter wêreld, word in gebruik geneem. 1925 – Benito Mussolini kondig sy diktatorskap van Italië aan. 1926 – Generaal Theodorus Pángulos benoem homself die diktator van Griekeland. 1957 – Die Hamilton-horlosiemaatskappy onthul die wêreld se eerste elektriese horlosie. 1958 – Tien voormalige Britse kolonies in die Karibiese Eilande smelt saam om ’n nuwe onafhanklike land, die Wes-Indiese Federasie, te vorm. 1959 – Alaska word die 49ste deelstaat van die Verenigde State. 1961 – Die VSA verbreek diplomatieke betrekkings met Kuba. 1961 – ’n Kernreaktor (SL-1) naby Idaho Falls, Idaho smelt en drie werkers sterf weens stralingsblootstelling. 1962 – Pous Johannes XXIII verban Fidel Castro. 1973 – George Steinbrenner en ’n groep beleggers koop die New York Yankees vir VS$10 miljoen. 1990 – Generaal Manuel Noriega, die onttroonde “Sterkman van Panama”, gee homself oor. 1994 – ’n Toepolef Tu-154 straalvliegtuig van Baikal Lugredery stort neer kort nadat dit opstyg vanaf Irkoetsk, in Rusland, en 125 mense, insluitende een op die grond, sterf. 2004 – ’n Boeing 737-vliegtuig van Flash Airlines, ’n Egiptiese lugredery, stort neer in die Rooisee en al 148 mense aan boord sterf. 2004 – ’n Afstandbeheerde verkenningsvoertuig van NASA maak 'n suksesvolle landing op Mars. 2020 – Qasem Soleimani, bevelvoerder van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (IRGC) se Koeds-mag, sterf in 'n Amerikaanse hommeltuig-teikenaanval in Bagdad, Irak. 2026 - Die Verenigde State loods lugaanvalle op verskeie plekke in Noord-Venezuela, waartydens die Venezolaanse president Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores gevange geneem en uit die land gevlieg is.

Geboortes 106 v.C. – Cicero, Romeinse filosoof en staatsman († 43 v.C.). 1883 – Clement Attlee, Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk († 1967). 1883 – Austin Roberts, Suid-Afrikaanse dierkundige en ornitoloog († 1948). 1892 – J.R.R. Tolkien, Suid-Afrikaansgebore Britse skrywer en filoloog († 1973). 1899 – M.I. Murray, Afrikaanse skrywer, dramaturg en lektrise († 1983). 1901 – Ngô Đình Diệm, Viëtnamese staatsman, president van Suid-Viëtnam († 1963). 1916 – Betty Furness, Amerikaanse aktrise en skrywer († 1994). 1929 – Gordon Moore, Amerikaanse sakeman en mede-stigter van Intel († 2023). 1930 – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur († 2015). 1932 – Yolanda Montes, Amerikaanse aktrise († 2025). 1950 – Victoria Principal, Japannees-Amerikaanse aktrise. 1951 – Frank Chikane, Suid-Afrikaanse teoloog, ANC-politikus en anti-apartheidsaktivis. 1953 – Cora Marie, Suid-Afrikaanse country-sangeres († 1994). 1956 – Mel Gibson, Australiese akteur en regisseur. 1969 – Michael Schumacher, Duitse Formule Een-renjaer. 1970 – Rocco de Villiers, Suid-Afrikaanse pianis. 1986 – Rasta Rasivhenge, Suid-Afrikaanse rugbyskeidsregter. 1996 – Florence Pugh, Britse aktrise. 2003 – Greta Thunberg, Sweedse klimaataktivis.

Sterftes 236 – Pous Anterus, 19de pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1322 – Philip V, koning van Frankryk (* 1293). 1641 – Jeremiah Horrocks, Engelse sterrekundige (* 1619). 1746 – Wilhelmina ten Damme, die eggenote van die Kaapse goewerneur Hendrik Swellengrebel (* 1706). 1795 – Josiah Wedgwood, Engelse pottebakker (* 1730). 1967 – Jack Ruby, die moordenaar van Lee Harvey Oswald (* 1911). 1979 – Conrad Hilton, Amerikaanse hotelmagnaat (* 1887). 1980 – Joy Adamson, bewaringsaktivis en skrywer van Born Free (* 1910). 1981 – Haar Koninklike Hoogheid Prinses Alice van Albanië, die laaste oorlewende kleinkind van Koningin Victoria (* 1883). 1991 – Anna Elizabeth Pohl, Suid-Afrikaanse sopraan en sangdosent (* 1914) 2013 – Burry Stander, Suid-Afrikaanse bergfietskampioen en voormalige onder-23 Wêreldkampioen (* 1987). 2013 – Hendrik Vermooten, Suid-Afrikaanse argitek wat veral verantwoordelik was vir die ontwerp van 144 Afrikaanse kerkgeboue (* 1921). 2020 – Qasem Soleimani, Irannese generaal-majoor van die Islamitiese Revolusionêre Wagkorps (* 1957). 2021 – Dorah Sitole, corden bleu-sjef en eerste swart vrou wat 'n kookboek gepubliseer het (* 1953). 2023 – Walter Cunningham, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1932). 2024 – Edwill van Aarde, Suid-Afrikaanse televisie-, radio-omroeper en sportkommentator (* 1938). 2025 – Richard Louis, naelloopatleet van Barbados (* 1964).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Romeinse Ryk - 'n Fees ter ere van Pax. Die tiende dag van Kersfees in sommige Westerse Christelike lande. Feesdag van Pous Anterus in die Rooms-Katolieke Kerk.

Kategorie:Januarie