Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Qiufen (Chinees: 秋分; pinyin: qiūfēn) of shubun (Japannees: 秋分) is die 16de sontermyn en dui op die herfs-nagewening, of die middel van die herfs. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 180° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 195° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 180° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 23 September en eindig dit omstreeks 8 Oktober.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van qiufen is:
Eerste pentade: Die donderweer word sagter (雷始收聲). Tweede pentade: Die insekte maak nes (蟄蟲培戶). Laaste pentade: Die water begin solied word (水始涸).
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Herfs