Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Lidong (Chinees: 立冬; pinyin: lìdōng) of ritto (Japannees: 立冬) is die 19de sontermyn en die eerste termyn van die winter. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 225° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 240° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 225° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 7 November (8 November Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 22 November.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van lidong is:
Eerste pentade: Die water begin ys (水始冰). Tweede pentade: Die grond begin hard word (地始凍). Laaste pentade: Die fisante gaan in die water in en word mossels (雉入大水為蜃).
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Winter