Atjehs of Acehnees (Bahsa/Basa Acèh, بهسا اچيه, [bahsa at͡ʃeh]; letterlik: "taal van Atjeh") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Sumatra van Indonesië asook deur Atjehs-emigrante in die Maleisiese deelstaat Kedah gepraat word. Die taal word tans deur sowat 3,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Atjehs of Acehnese. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf. Die Arabiese alfabet is deur Arabiese handelaars na Atjeh saamgebring, terwyl tydens die bestaan van Nederlands-Indië die Latynse alfabet in algemene gebruik gekom het.

duimnael|links|Hikayat Prang Sabi in Atjehs in die Arabiese alfabet geskryf Atjehs word veral in die provinsie Atjeh op die westelike deel van die eiland Sumatra, hoofsaaklik langs die noordelike en westelike kus, gepraat. Dit was eens die amptelike taal van die Sultanaat Atjeh wat groot gebiede van dié streek oorheers het.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Maleisië