’n Sontermyn (tradisionele Chinees: 節氣, vereenvoudigde Chinees: 节气, pinyin: jiéqì; Japannees: 節気, sekki) is een van 24 punte op tradisionele Chinese maansonkalenders wat met ’n spesifieke astronomiese voorval ooreenstem of op ’n natuurlike verskynsel dui. Die punte is 15° uitmekaar aan die sonnebaan en word deur maansonkalenders gebruik om gekroniseerd te bly met die seisoene, wat belangrik is vir die landbou.
Omdat die son se spoed deur die jaar wissel na gelang van die afstand tussen die son en die aarde, verskil die getal dae wat die son tussen die punte beweeg. Elke sontermyn word in drie pentades verdeel en daar is dus 72 pentades in ’n jaar. Elke pentade bestaan uit vyf, of soms ses dae, en word gewoonlik genoem na verskynsels wat met dié tyd ooreenstem.
Sontermyne het hul oorsprong in China gehad, en van daar het dit versprei na Korea, Viëtnam en Japan, lande in die Oos-Asiatiese sfeer, dikwels onveranderd met die name wat na Noord-Chinese klimaatsveranderings verwys.なぜずれる? 二十四節気と季節感 (Why off-point? -solar terms and our real feeling of the seasons)
Op 1 Desember 2016 is die 24 sontermyne deur Unesco gelys as ’n "onskatbare kulturele erfenis".
Lys van sontermyne
Son se lug- lengtegraad Chinese naam Vereenvoudigde Chinese karakters word tussen hakies aangegee as hulle verskil van die tradisionele Chinese karakters. Koreaanse naamHangul word tussen hakies aangegee. Wanneer die Suid- en Noord-Koreaanse name se uitspraak verskil, word die Suid-Koreaanse name eerste voor die skuinsstreep aangegee, gevolg deur die Noord-Koraanse uitspraak. Viëtnamese naam Japannese naam Gregoriaanse datum (± 1 dag) Verwysing na tyd van maand OpmerkingLetterlike betekenis na aanleiding van die klimaat van Noord-China 315° 立春 lìchūn 立春 (입춘/립춘) ipchun/ripchun Lập xuân 立春 risshun 4 Feb. 1ste maand, begin Lente begin 330° 雨水 yǔshuǐ 雨水 (우수) usu Vũ thủy 雨水 usui 19 Feb. 1ste maand, middel Meer reën as sneeu 345° 驚蟄 (惊蛰) jīngzhé 驚蟄 (경칩) gyeongchip Kinh trập 啓蟄 keichitsu 6 Mrt. 2de maand, begin Hibernerende insekte word wakker 0° 春分 chūnfēn 春分 (춘분) chunbun Xuân phân 春分 shunbun 21 Mrt. 2de maand, middel Middel van die lente (nagewening) 15° 清明qīngmíng 淸明 (청명) cheongmyeong Thanh minh 清明 seimei 5 Apr. 3de maand, begin skoon en helder 30° 穀雨 (谷雨) gǔyǔ 穀雨 (곡우) gogu Cốc vũ 穀雨 kokuu 20 Apr. 3de maand, middel Reën vir graan 45° 立夏 lìxià 立夏 (입하/립하) ipha/ripha Lập hạ 立夏 rikka 6 Mei 4de maand, begin Die somer begin 60° 小滿 (小满) xiǎomǎn 小滿 (소만) soman Tiểu mãn 小満 shōman 21 Mei 4de maand, middel Plante groei en blom 75° 芒種 (芒种) mángzhòng 芒種 (망종) mangjong Mang chủng 芒種 bōshu 6 Jun. 5de maand, begin Tyd vir giers saai 90° 夏至 xiàzhì 夏至 (하지) haji Hạ chí 夏至 geshi 21 Jun. 5de maand, middel Somersonstilstand 105° 小暑 xiǎoshǔ 小暑 (소서) soseo Tiểu thử 小暑 shōsho 7 Jul. 6de maand, begin Effens broeiend 120° 大暑 dàshǔ 大暑 (대서) daeseo Đại thử 大暑 taisho 23 Jul. 6de maand, middel Baie broeiend 135° 立秋 lìqiū 立秋 (입추/립추) ipchu/ripchu Lập thu 立秋 risshū 8 Aug. 7de maand, begin Herfs begin 150° 處暑 (处暑) chǔshǔ 處暑 (처서) cheoseo Xử thử 処暑 shosho 23 Aug. 7de maand, middel Minder warm 165° 白露 báilù 白露 (백로) baekno/baekro Bạch lộ 白露 hakuro 8 Sep. 8ste maand, begin Dou 180° 秋分 qiūfēn 秋分 (추분) chubun Thu phân 秋分 shūbun 23 Sep. 8ste maand, middel Middel van herfs (nagewening) 195° 寒露 hánlù 寒露 (한로) hanlo Hàn lộ 寒露 kanro 8 Okt. 9de maand, begin Koue dou 210° 霜降 shuāngjiàng 霜降 (상강) sanggang Sương giáng 霜降 sōkō 23 Okt. 9de maand, middel Ryp 225° 立冬 lìdōng 立冬 (입동/립동) ipdong/ripdong Lập đông 立冬 rittō 7 Nov. 10de maand, begin Die winter begin 240° 小雪 xiǎoxuě 小雪 (소설) soseol Tiểu tuyết 小雪 shōsetsu 22 Nov. 10de maand, middel ’n Bietjie sneeu 255° 大雪 dàxuě 大雪 (대설) daeseol Đại tuyết 大雪 taisetsu 7 Des. 11de maand, begin Baie sneeu 270° 冬至 dōngzhì 冬至 (동지) dongji Đông chí 冬至 tōji 22 Des. 11de maand, middel Middel van winter (sonstilstand) 285° 小寒 xiǎohán 小寒 (소한) sohan Tiểu hàn 小寒 shōkan 6 Jan. 12de maand, begin Effens ysig 300° 大寒 dàhán 大寒 (대한) daehan Đại hàn 大寒 daikan 20 Jan. 12de maand, middel Baie ysig
Sien ook Chinese kalender
Verwysings
Eksterne skakels 24 sontermyne – Hongkongse Sterrewag Chinese kalender met komende sontermyne 24 Sekki – NAOJ > ECO > Opsomming> 24 sontermyne en betekenis 24 sontermyne in China 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia