Bandjarees (Bahasa Banjar, بهاس بنجر; letterlik: "taal van Bandjar") is 'n Maleis-Polinesiese taal wat in Suidoos-Asië op die eiland Borneo in die Suid-Kalimantan-provinsie van Indonesië gepraat word. Die taal word tans deur sowat 3,5 miljoen mense gepraat, hoofsaaklik Bandjarese.
duimnael|links|Bandjarees in Jawi-skrif by Lok Tamu-dorpskantoor in Mataraman-subdistrik, Banjar-regentskap, Suid-Kalimantan, Indonesië Bandjarees is verwant aan Balinees, Chamorro, Indonesies/Maleis, Javaans, Madoerees, Minangkabau, Palauaans en Soendanees. Dit is ietwat minder verwant aan Filippynse tale soos Cebuano en Tagalog (Filippyns) en het daarnaas nog 'n los verbintenis met Malgassies in Madagaskar.
Bandjarees word soms as 'n dialek van Maleis beskou, maar dit word nie algemeen aanvaar nie, hoewel die Maleise taal 'n groot invloed op Bandjarees uitgeoefen het. Dit word met die Latynse of die Arabiese alfabet geskryf.
Verwysings
Kategorie:Maleis-Polinesiese tale Kategorie:Tale van Indonesië Kategorie:Tale van Maleisië