’n Sontermyn is een van 24 punte op tradisionele Chinese maansonkalenders wat met ’n spesifieke astronomiese voorval ooreenstem of op ’n natuurlike verskynsel dui. Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Daar is dus 72 pentades in ’n jaar. Omdat die son se spoed deur die jaar wissel na gelang van die afstand tussen die son en die aarde, verskil die getal dae wat die son tussen sontermyne beweeg. Daarom wissel die lengte van pentades tussen vyf en ses dae. Die pentades word gewoonlik genoem na verskynsels wat met dié tyd ooreenstem.
Voorbeeld Die pentades van chunfen is: China Eerste pentade: Die donker voëls arriveer (玄鳥至). Dit verwys na swaeltjies wat noordwaarts migreer. Tweede pentade: Donderende klanke (雷乃發聲). Dit verwys na die begin van die lente se donderstorms. Laaste pentade: Weerlig begin (始電). Benewens die donderstorms verwys dit ook na die dae wat langer word en die son wat skyn.
Japan Eerste pentade: Die swaeltjie begin ’n nes bou (雀始巣; Suzume hajimete sukuu). Tweede pentade: Kersiebloeisels begin oopgaan (桜始開; Sakura hajimete hiraku). Laaste pentade: Die begin van die veraf donderweer (雷乃発声; Kaminari sunawachi koeo hassu).
Verwysings
Kategorie:Sontermyne