Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Xiaohan (Chinees: 小寒; pinyin: xiǎohán) of shokan (Japannees: 小寒) is die 23ste sontermyn en die tyd wanneer die winterkoue begin. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 285° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 300° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 285° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 5 Januarie (6 Januarie Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 20 Januarie.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Winter