Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Dongzhi (Chinees: 冬至; pinyin: dōngzhì) of toji (Japannees: 冬至) is die 22ste sontermyn en dui die wintersonstilstand aan. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 270° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 285° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 270° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 21 Desember (22 Desember Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 5 Januarie.
Sonstilstand Die sonstilstande en dag-en-nag-ewenings dui volgens tradisionele Oos-Asiatiese kalenders die middel van die seisoene aan. Hier beteken die Chinese karakter 至 "uiters", wat dui op ’n sonstilstand. Die term beteken dus die middel van die winter.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van dongzhi is:
Eerste pentade: Die erdwurms vorm knope (蚯蚓結); dit verwys na die hibernering van dié wurms. Tweede pentade: Die takbokke verloor hul horings (麋角解). Laaste pentade: Die lentewater beweeg (水泉動).
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Winter