Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Daxue (Chinees: 大雪; pinyin: dàxuě) of taisetsu (Japannees: 大雪) is die 21ste sontermyn en die tyd wanneer dit goed begin sneeu. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 255° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 270° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 255° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 7 Desember (8 Desember Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 21 Desember (22 Desember Oos-Asiatiese tyd).
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van daxue is:
Eerste pentade: Die jie hou op kraai (鶡旦不鳴); die jie is ’n voël, soortgelyk aan ’n fisant, wat na bewering aggressief en strydlustig is – namate die wintertoestande toeneem, hou selfs die jie op kraai. Tweede pentade: Die tiere begin paar (虎始交). Laaste pentade: 荔挺生.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Winter