Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Xiaoxue (Chinees: 小雪; pinyin: xiǎoxuě) of shosetsu (Japannees: 小雪) is die 20ste sontermyn en die tyd wanneer dit liggies begin sneeu. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 240° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 255° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 240° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 22 November (23 November Oos-Asiatiese tyd) en eindig dit omstreeks 7 Desember.

Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van xiaoxue is:

Eerste pentade: Die reënboë verdwyn uit sig (虹藏不見); daar word geglo reënboë is die resultaat van ’n energievermenging van jin en jang, en omdat die winter deur jin oorheers word, sal daar nie dan reënboë wees nie. Tweede pentade: Die qi van die lug styg op en die qi van die aarde daal af (天氣上騰地氣下降); qi is ’n lewensbelangrike krag in elke wese. Laaste pentade: Afsluiting en stilstand skep die winter (閉塞而成冬); die einde van die vermenging van lug en aarde, jin en jang, lei tot die rustoestand van die winter.

Verwysings

Eksterne skakels Gregory C. Eaves: Soseol (소설, 小雪), die eerste dag van sneeu, Korea.net, 17 November 2016. 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sontermyne Kategorie:Winter