Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Hanlu (Chinees: 寒露; pinyin: hánlù) of kanro (Japannees: 寒露) is die 17de sontermyn en die tyd wanneer temperature begin daal. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 195° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 210° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 195° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 8 Oktober en eindig dit omstreeks 23 Oktober.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van hanlu is:
Eerste pentade: Die gasteganse arriveer (鴻雁來賓); die ganse wat hul migrasie vroeër voltooi, word die "gasheerganse" genoem en dié wat later aankom die "gasteganse". Tweede pentade: Die swaeltjies gaan in die see in word mossels (雀入大水為蛤). Laaste pentade: Die krisante blom geel (菊有黃華); dis een van die min blomsoorte wat in die winter blom.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Herfs