Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.

Shuangjiang (Chinees: 霜降; pinyin: shuāngjiàng) of soko (Japannees: 霜降) is die 18de sontermyn en die laaste termyn van die herfs. Dit is die tyd wanneer dit begin ryp. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 210° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 225° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 210° is.

Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 23 Oktober en eindig dit omstreeks 7 November.

Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van shuangjiang is:

Eerste pentade: Die jakkalse maak offerandes van diere (豺乃祭獸). Tweede pentade: Die plante word geel en verloor hul blare (草木黃落). Laaste pentade: Alle insekte begin hiberneer (蟄蟲咸俯).

Verwysings

Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Sontermyne Kategorie:Herfs