Tradisionele Oos-Asiatiese maansonkalenders verdeel ’n jaar in 24 sontermyne.
Bailu (Chinees: 白露; pinyin: báilù) of hakuro (Japannees: 白露) is die 15de sontermyn en die tyd wanneer dou op die grond gesien kan word. Dit begin wanneer die son die luglengtegraad 165° bereik en eindig wanneer dit die lengtegraad 180° bereik. Dit verwys meer dikwels spesifiek na die dag wanneer die son presies op die lengtegraad 165° is.
Volgens die Gregoriaanse kalender begin dit gewoonlik omstreeks 7 September en eindig dit omstreeks 23 September.
Pentades Elke sontermyn word in drie pentades verdeel. Die pentades van bailu is:
Eerste pentade: Die wildeganse kom (鴻雁來), ’n verwysing na die suidwaartse migrasie van ganse. Tweede pentade: Die donker voëls kom terug (玄鳥歸), ’n verwysing na swaeltjies. Laaste pentade: Die voëls vul hul voorraad aan (群鳥養羞), in voorbereiding vir die winter.
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Sontermyne Kategorie:Herfs