Die Sydney-krieketveld (Engels: Sydney Cricket Ground, kort: SCG) is 'n sportstadion in Sydney, Australië. Dit word gebruik vir Toets-, Internasionale eendag- en Twintig20-krieket, sowel as Aussiereëls-voetbal, Rugby League en rugby-unie.
Dit is die tuisveld van die Nieu-Suid-Wallis Blues krieketspan, die Sydney Sixers in die Big Bash-Liga en die Sydney Swans Australiese Football League klub.
Dit word besit en bedryf deur die Sydney Cricket Ground Trust wat ook die Sydney Voetbalstadion langsaan bestuur. Voordat die sokkerstadion met 44 000 sitplekke in 1988 geopen is, was die Sydney Cricket Ground die hoofplek vir Rugby League in Sydney. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015, die T20I-vrouewêreldbeker 2020 en die T20I-wêreldbeker 2022 gebruik.
Fotogalery
Wedstryde Krieketwêreldbeker 1992
Krieketwêreldbeker 2015
T20I-vrouewêreldbeker 2020
T20I-wêreldbeker 2022
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Sydney-krieketveld op Australian Stadiums & Sport Sydney-krieketveld op ESPNcricinfo
Kategorie:Krieketstadions in Australië Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Australië Kategorie:Sport in Sydney Kategorie:T20I-wêreldbekerstadions Kategorie:T20I-vrouewêreldbekerstadions