Die Melbourne-krieketveld (Engels: Melbourne Cricket Ground, kort MCG), ook bloot bekend as "The G", is 'n Australiese sportstadion geleë in Yarra Park, Melbourne, Victoria. Dit is die tuiste van die Melbourne Krieketklub.
Dit is die tiende grootste sportstadion ter wêreld, die grootste in Australië, en die grootste in die Suidelike Halfrond, die grootste krieketstadion volgens kapasiteit, en het die hoogste spreiligtorings van enige sportplek.
Die MCG is binne loopafstand van die stadsentrum en word bedien deur die Richmond- en Jolimont-stasies, Oos-Melbourne. Dit is deel van die Melbourne Sport- en Vermaaklikheidsgebied. Dit is tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 1988, die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015, die T20I-vrouewêreldbeker 2020 en die T20I-wêreldbeker 2022 gebruik, asook tydens die Olimpiese Somerspele 1956 en die Olimpiese Somerspele 2000.
Fotogalery
Wedstryde Vrouekrieketwêreldbeker 1988
Krieketwêreldbeker 1992
Krieketwêreldbeker 2015
T20I-vrouewêreldbeker 2020
T20I-wêreldbeker 2022
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf Melbourne-krieketveld op Australian Stadiums & Sport Melbourne-krieketveld op ESPNcricinfo
Kategorie:Krieketstadions in Australië Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Olimpiese stadions Kategorie:Sport in Melbourne Kategorie:T20I-wêreldbekerstadions Kategorie:T20I-vrouewêreldbekerstadions Kategorie:Vrouekrieketwêreldbekerstadions