Die Brisbane-krieketveld, algemeen bekend as The Gabba, is 'n groot sportstadion in Brisbane, die hoofstad van Queensland, Australië. Die bynaam Gabba is afgelei van die voorstad Woolloongabba, waarin dit geleë is.

Die perseel vir die krieketveld is in 1895 uitgesit, en die eerste wedstryd is op 10 Desember 1896 gespeel, tussen Parliament en The Press.

Oor die jare heen het die Gabba atletiek, Australiese voetbal, bofbal, konserte, krieket, fietsry, rugby league, rugby, sokker en perde- en windhondresies aangebied. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-wêreldbeker 2022 ingespan. Die Brisbane-krieketveld sal ook tydens die Olimpiese Somerspele 2032 ingespan word.

Fotogalery

Wedstryde Krieketwêreldbeker 1992

Krieketwêreldbeker 2015

T20I-wêreldbeker 2022

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf The Gabba-krieketveld op Australian Stadiums & Sport The Gabba-krieketveld op ESPNcricinfo

Kategorie:Krieketstadions in Australië Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Rugbystadions in Australië Kategorie:Sport in Brisbane Kategorie:T20I-wêreldbekerstadions