Astrud Gilberto (30 Maart 1940 – 5 Junie 2023)https://www.independent.co.uk/arts-entertainment/music/news/astrud-gilberto-death-girl-from-ipanema-b2352188.html ook bekend as Astrud Evangelina Weinert was 'n Brasiliaanse sangeres en komponis van jazz- en popmusiek in die Latyn-Amerikaans-Brasiliaanse styl, veral samba en bossa nova. Sy het in die 1960's bekendheid verwerf met haar Engelse weergawe (The Girl from Ipanema) van Antônio Carlos Jobim se treffer Garota de Ipanema. In 1963 het Astrud Gilberto, wat in Rio de Janeiro grootgeword het, haar saam met haar man João in die Verenigde State gevestig waar sy in 2023 oorlede is.astrudgilberto.com: Biography. Besoek op 22 April 2018www.last.fm: Astrud Gilberto - Biography. Besoek op 22 April 2018

Verwysings

Kategorie:Amerikaanse sangers Kategorie:Brasiliaanse musici Kategorie:Geboortes in 1940 Kategorie:Sterftes in 2023