duimnael|220px|Die Transgender Pride-vlag.

Transgender mense is persone met ’n gender-identifikasie wat verskil van die geslag wat by geboorte aan hulle toegewys is. Hulle word soms transseksueel genoem. Eersgenoemde is ’n sambreelterm wat ook mense insluit wat nie uitsluitlik manlik of vroulik is nie (insluitende bigender, pangender, genderfluid, agender of niebinêr).Gay and Lesbian Alliance Against Defamation. "GLAAD Media Reference Guide – Transgender glossary of terms" , "GLAAD", VSA, Mei 2010. Besoek op 2011-02-24.

Om transgender te wees het niks te doen met seksuele oriëntasie nie: Transgenders kan heteroseksueel, homoseksueel, biseksueel of selfs aseksueel wees, of weier om hul oriëntasie te eien. Dit is ook iets anders as om interseksueel te wees. Laasgenoemde verwys na mense met fisieke geslagseienskappe wat nie voldoen aan "tipiese idees oor die manlike en vroulike liggaam" nie.

Die teenoorgestelde van transgender is cisgender, iemand wie se gender-identifikasie ooreenstem met sy of haar biologiese geslag.

Die mate waarin mense gemaklik, eg en geloofwaardig voel oor hul eksterne voorkoms en hul ware identiteit aanvaar, word soms "transgenderooreenstemming" genoem. Baie transgenders ondervind genderdisforie en sommige ondergaan mediese prosedures soos hormoonvervangingsterapie, geslagsveranderingsoperasies of psigoterapie.Victoria Maizes, Integrative Women's Health (2015, ), p. 745 Nie alle transgenders wil egter sulke behandelings ondergaan nie, of hulle kan nie om finansiële of gesondheidsredes.

Die meeste transgender mense ondervind diskriminasie by die werk of met openbare akkommodasieGay and Lesbian Alliance Against Defamation. "Groundbreaking Report Reflects Persistent Discrimination Against Transgender Community" , GLAAD, VSA, 4 Februarie 2011. Besoek op 2011-02-24. en gesondheidsorg. Op baie plekke word hulle nie wetlik teen diskriminasie beskerm nie.Whittle, Stephen. "Respect and Equality: Transsexual and Transgender Rights." Routledge-Cavendish, 2002.

Evolusie van die term

Die psigiater John F. Oliven van die Columbia-universiteit het die term "transgender" geskep vir sy verwysingswerk van 1965, Sexual Hygiene and Pathology. Volgens hom is die term wat voorheen gebruik is, "transseskueel", misleidend "omdat seksualiteit nie ’n groot faktor in primêre transvestisme is nie". Die term "transgender" het toe gewild geraak, met verskillende definisies deur verskillende groepe transgenders, transseksuele en transvestiete, onder andere die Amerikaanse transgender aktivis Virginia Prince,Thomas E. Bevan, The Psychobiology of Transsexualism and Transgenderism (2014, ), p. 42 wat dit gebruik het in die Desember 1969-uitgawe van Transvestia, ’n landwye tydskrif wat sy gestig het vir mense wat klere van die teenoorgestelde geslag dra. Teen die middel 1970's is beide "transgender" en "trans" mense gebruik as sambreelterme,

Teen 1984 het die idee van ’n "transgender gemeenskap" ontwikkel en in 1985 het Richard Elkins die "Trans-Gender Archive" by die universiteit van Ulster begin.

Die term "trans man" verwys na ’n vrou wat ’n man geword het en "trans vrou" na ’n man wat ’n vrou geword het. Gesondheids- en koerantstylboeke en LGBT-groepe beveel aan dat mense die name en voornaamwoorde gebruik wat deur ’n betrokke persoon verkies word, insluitende huidige verwysings na die transgender persoon se verlede. Sommige meen ook "transgender" moet net as ’n byvoeglike naamwoord gebruik word en nie as ’n selfstandige naamwoord nie, byvoorbeeld "Max is transgender" of "Max is ’n transgender man", nie "Max is ’n transgender" nie; ook moet "getransgenderde" vermy word.Gay and Lesbian Alliance Against Defamation. "GLAAD's Transgender Resource Page" , "GLAAD", VSA. Besoek op 2011-02-24. Dan Savage, Savage Love: Gayed, Blacked, Transgendered (Creative Loafing, 11 January 2014) Guardian and Observer style guide

Transseksueel versus transgender Die term "transsexual" is in 1949 deur die Amerikaanse seksoloog David Oliver Cauldwell in Engels geskep en in 1966 deur die seksoloog Harry Benjamin gewild gemaak, min of meer in die tyd toe die term "transgender" geskep is. Sedert die 1990's is "transseksueel" gewoonlik gebruik om die subgroep van transgender mense aan te duiTransgender Rights (2006, ), red. Paisley Currah, Richard M. Juang, Shannon MinterA. C. Alegria, Transgender identity and health care: Implications for psychosocial and physical evaluation, in die Journal of the American Academy of Nurse Practitioners, vol. 23, uitg. 4 (2011), pp. 175–182 wat die begeerte het om die geslag waarmee hulle geïdentifiseer het permanent aan te neem en mediese prosedures soos geslagsveranderingsoperasie ondergaan.

Verskille tussen die twee terme is gewoonlik gebaseer op die onderskeid tussen geslag (fisiek) en gender (sielkundig, sosiaal). ’n Mens kan dus sê transseksualiteit handel meer oor die fisieke aspekte van ’n mens se geslag, terwyl transgender oorwegings te doen het met ’n mens se sielkundige genderingesteldheid sowel as die verwante sosiale verwagtings wat saam met ’n gegewe genderrol gaan.UNCW: Developing and Implementing a Scale to Assess Attitudes Regarding Transsexuality Baie transgender mense keur die woord "transseksueel" af.R Polly, J Nicole, Understanding the transsexual patient: culturally sensitive care in emergency nursing practice, in the Advanced Emergency Nursing Journal (2011.A Swenson, Medical Care of the Transgender Patient, in Family Medicine (2014). Die trans vrou Christine Jorgensen het die woord "transseksueel" in 1979 openlik verwerp en gesê: "Gender het nie met ’n mens se bedmaats te doen nie, maar met identiteit." Net so wil sommige transseksuele mense nie onder die sambreelterm "transgender" ingesluit word nie.Valentine, David. Imagining Transgender: An Ethnography of a Category, Duke University, 2007Stryker, Susan. Introduction. In Stryker and S. Whittle (reds.), The Transgender Studies Reader, New York: Routledge, 2006. 1–17Kelley Winters, "Gender Madness in American Psychiatry, essays from the struggle for dignity, 2008, p. 198. Die definisies van albei terme het van tyd tot tyd gewissel. Volgens die Transgender Health Program (THP) by Fenway Health in Boston is daar geen algemeen aanvaarde definisies nie. Terme wat met die wisseling van die 21ste eeu gewild was, kan nou as beledigend beskou word.

Harry Benjamin het ’n klassifikasiestelsel vir transseksuele en transvestiete geskep wat hy die seksoriëntasieskaal (SOS) genoem het. Hy het transseksuele en transvestiete ingedeel in een van ses kategorieë geskoei op die redes dat hulle klere van die teenoorgestelde geslag dra en die relatiewe dringendheid van hul behoefte (indien enige) aan seksverandering.Benjamin, H. (1966). The transsexual phenomenon. New York: Julian Press, p. 23.

Ander kategorieë Benewens trans mans en vroue wat met die teenoorgestelde geslag identifiseer en die kern van die "transgender"-sambreelterm vorm, val ander groepe ook in breër terme in dié gemeenskap. Dit sluit mense in wat nie noodwendig met mans of vroue identifiseer nie, soos androgiene, bigender, pangender of agender mense, wat soms saam gegroepeer word onder die sambreelterm "genderqueer". Hoewel sommige definisies van "transgender" ook transvestiete insluit, word hulle gewoonlik uitgesluit, nes transvestiese fetisjisme (omdat dit beskou word as die uitdrukking van ’n parafilie eerder as ’n genderidentifikasie) en fopdossers (wat kunstenaars is wat klere van die ander geslag dra ter wille van vermaak).

Sien ook Trans man Trans vrou Gendertransisie

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia