regs|duimnael|220px|Die reënboogvlag.
Gay Pride, LGBT Pride of net pride"Pride" in Woordeboek van Afrikaans Vandag by Afrikaans Vandag. Besoek op 9 November 2023. is die positiewe standpunt teen diskriminasie en geweld van lesbiese, gay, biseksuele en transgender mense (LGBT) om hul waardigheid en gelyke regte te bevorder, hul sigbaarheid as ’n sosiale groep te verhoog, hul gemeenskap te versterk en seksuele diversiteit en genderverskeidenheid te vier. Pride, of trots, as teenpool vir skaamte en sosiale stigma, is die oorheersende beskouing wat die meeste LGBT-regtebewegings dwarsoor die wêreld ten doel het. Die woord "Pride" word gebruik in LGBT-organisasies, , , en selfs ’n TV-stasie en die Pride Library in Ontario, VSA.
Pride-gebeure wissel van ernstig tot feestelik en word gewoonlik gehou in die LGBT Pride-maand, wat die Stonewall-onluste gedenk, of enige ander belangrike tyd in ’n land se LGBT-geskiedenis, soos die Moskouse Pride in Mei om Rusland se dekriminalisering van homoseksualiteit in 1993 te vier. Sommige vierings sluit parades, optogte, gemeenskapsdae en groot feeste in wat weke kan duur.
Algemene Pride-simbole is die reënboogvlag, die Griekse letter lambda (λ), die pienk driehoek en swart driehoek. Laasgenoemde twee is ’n heraanwending van die skande-lapelwapens van Nazi-konsentrasiekampe.
Verwysings
Sien ook
Gay Pride-vlag van Suid-Afrika
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:LGBT