"Italiaanse Mafia" en "Cosa Nostra" verwys hierheen. Vir ’n artikel oor die Mafia in Amerika, sien Amerikaanse Mafia. duimnael|300px|Die verhoor van Sisiliaanse mafiosi in 1901.

Die Sisiliaanse Mafia of Italiaanse Mafia, ook net bekend as die Mafia en onder sy lede as Cosa Nostra ("Ons Ding" of "Ons Saak"), is ’n misdaadsindikaat in Sisilië, Italië. Dit is ’n losse vereniging van misdaadgroepe wat ’n gemeenskaplike organisatoriese struktuur en gedragskodes het. Die basiese groep is bekend as ’n "familie", "clan" of "cosca". Elke familie maak aanspraak op die oorheersing van ’n sekere gebied, gewoonlik ’n dorp, buurt of stad, waarin hulle mense beskerm en misdaad pleeg. Die lede noem hulself "manne van eer", maar die publiek verwys gewoonlik na hulle as "mafiosi". Die Mafia se kernbedrywighede is beskerming deur geweld, die beslegting van dispute tussen misdadigers en toesig oor en die organisering van onwettige ooreenkomste en transaksies.

Ná vlae emigrasie het die Mafia ook versprei na ander lande soos die Verenigde State en Kanada.

’n Mafia-clan word gelei deur ’n baas, wat bygestaan word deur ’n onderbaas en onder toesig is van een of meer raadgewers. Onder sy bevel is groepe soldate. Die baas en raadgewers word elke jaar gekies. Cosa Nostra gebruik ook "vennote": korrupte amptenare en voornemende mafiosi wat bloot as werktuie beskou word wat hulle kan "gebruik". Ondanks die naam "families" is lede gewoonlik nie bloedverwante nie. Lidmaatskap en rang in die Mafia is ook nie oorerflik nie.

Die Mafia het streng gedragskodes wat nougeset nagekom moet word. ’n Lid mag nie ’n ander lid nader tensy hy hom ken of deur ’n derde party voorgestel word nie, uit vrees dat polisiemanne die families kan infiltreer. Hulle mag ook nie saam met polisiemanne gesien word of by die Mafia aansluit as daar wetstoepassers in hul familie is nie. Hulle moet altyd eerlik op vrae antwoord en moet verkieslik nie alkohol of dwelms gebruik nie. Hulle moet ook te alle tye beskikbaar wees vir Cosa Nostra. As die kode van stilswye, omertà, verbreek word, is die dood hul voorland.

Dit is moeilik om die geskiedenis van die Mafia na te speur weens ’n gebrek aan dokumente. Dit het in die 19de eeu ontstaan, moontlik ná Sisilië se oorgang van feodalisme na kapitalisme vanaf 1812 en die eiland se anneksasie deur die vasteland van Italië in 1860. Die getal grondbesitters op die eiland het geweldig toegeneem, en daarmee saam die aanvraag na iemand wat dispute kon help oplos, kontrakte kon afdwing en eiendomme kon beskerm. Die polisie was nie in staat nie, onder meer weens ’n gebrek aan getalle. Die verskillende gebiede, veral in die weste van die eiland, was ’n groot deel van die jaar in die hande van misdadigers, wat toegeneem het weens armoede. Eiendomsbesitters het hulle tot buitewetlike bemiddelaars en beskermers gewend wat hulle eindelik in die eerste Mafia-clans georganiseer het.

duimnael|200px|links|Die ligging van Sisilië aan die Italiaanse kus. Mafiosi het magtig geword en vroeg al in politiek ingemeng – kiesers is geïntimideer om vir die mafiosi se gunstelingkandidate te stem. So is bondgenote in die regering geskep wat die mafiosi tot hul voordeel aangewend het. Swael, Sisilië se grootste uitvoerproduk, het dele van die eiland ook blootgestel aan afpersing en die ontstaan van mafiatipe organisasies wat beskerming kon bied. Die owerhede se eerste groot aanslag op die Mafia was reeds in die 1890's, met 'n verhoor wat in Mei 1901 begin het. Op die ou end is net 32 verdagtes skuldig bevind aan misdaadbande.

Tussen 1925 en 1929 het Benito Mussolini ’n veldtog teen die Mafia gevoer om van politieke teenstanders ontslae te raak en fascisme op die eiland te vestig. Dit was baie suksesvol. Volgens een informant het die Mafia ná die oorlog skaars nog bestaan. Nadat die Geallieerdes Sisilië in 1943 binnegeval het, het misdaad weer gedy in die chaos en die mafiosi was weer in aanvraag.

Die 1950's en 1960's was moeilike tye vir die Mafia weens ’n aanslag op hulle ná die Eerste Mafiaoorlog, waarin baie burgerlikes dood is. Amper 2 000 mense is in hegtenis geneem en baie mafiosi het hul bedrywighede gestaak en weggekruip. In die 1970's het sake weer beter gelyk danksy smokkelary, veral van sigarette en heroïen. In dié tyd is die Corleonesi-koalisie van Mafiafamilies egter deur die baas van die Corleone-clan gestig om Cosa Nostra en sy dwelmbedrywighede oor te neem. Hulle het die Mafia se reëls gemanipuleer en tydens die Tweede Mafiaoorlog eenvoudig honderde teenstanders in die Mafia uit die weg geruim. Hulle het ook ’n veldtog gevoer teen joernaliste, amptenare en polisiemanne wat dit gewaag het om hulle teen te gaan. Baie mafiosi het eindelik hul rug op Cosa Nostra gedraai en informante vir die polisie geword. Ná talle inhegtenisnemings en ’n groot verhoor in 1986/'87 is 342 mafiosi skuldig bevind. Ná die inhegtenisneming van die destydse hoof van die Corleonesi, die "baas van base" Salvatore Riina, in Januarie 1993 het die Mafia ’n terrorismeveldtog gevoer op die vasteland van Italië. Riina is opgevolg deur Leoluca Bagarella en daarna Bernardo Provenzano, wat die vlaag geweld beëindig het.

Teen die laat 1990's was die verswakte Cosa Nostra verplig om die grootste deel van die onwettige dwelmhandel aan ’n ander misdaadorganisasie af te staan. In 2017 en '18 is groot getalle Mafialede en mense wat bande met hulle gehad het, in hegtenis geneem en van verskeie misdade aangekla.

Beskerming deur die Mafia is nie beperk tot onwettige bedrywighede nie. Winkeleienaars betaal die Mafia dikwels om hulle teen diewe te beskerm. In ruil daarvoor word die Mafia weer deur sy kliënte teen die owerhede beskerm. Dit is een van die redes waarom niemand nog die Mafia kon vernietig nie.

Etimologie Die woord "mafia" het in Sisilië ontstaan. Die Sisiliaanse byvoeglike naamwoord mafiusu (mafioso in Italiaans) kan rofweg vertaal word as "windmakerig", maar kan ook beteken "dapper" of "vol bravade". Met verwysing na ’n man was die betekenis van mafiusu in die 19de-eeuse Sisilië dubbelsinnig; dit kon "boelierig" en "arrogant" beteken, maar ook "vreesloos" en "trots", volgens die geleerde Diego Gambetta.This etymology is based on the books Mafioso by Gaia Servadio, The Sicilian Mafia by Diego Gambetta, and Cosa Nostra by John Dickie. Daarteenoor het die vroulike adjektiewe vorm mafiusa "pragtig" beteken. Die Sisiliaanse woord mafie verwys na grotte naby Trapani en MarsalaGambetta, The Sicilian Mafia: The Business of Private Protection wat dikwels deur vlugtelinge en misdadigers as skuilplekke gebruik is.

Sisilië was op ’n tyd ’n Islamitiese emiraat en dus kan "mafia" ’n Arabiese oorsprong hê. Moontlike Arabiese stamme van die woord sluit in: mahyas (مهياص) = aggressiewe spoggery marfud (مرفوض) = verwerp mu'afa (معافى) = veiligheid, beskermingGambetta, The Sicilian Mafia. bl. 259–261. Ma àfir (معافر) = die naam van ’n Arabiese stam wat oor Palermo geheers het

Die publiek se verbintenis van die woord met die geheime misdaadgemeenskap is dalk geïnspireer deur die toneelstuk I mafiusi di la Vicaria ("Die Mafiosi van die Vicaria") van 1863 deur Giuseppe Rizzotto en Gaetano Mosca. Die woorde mafia en mafiusi kom nie in die stuk voor nie en is moontlik in die titel gebruik om ’n plaaslike geurtjie daaraan te verleen. Die toneelstuk gaan oor ’n tronkbende van Palermo met eienskappe soortgelyk aan die Mafia: ’n baas, ’n inisiasieritueel en praatjies oor umirtà (omertà, of ’n kode van stilswye) en pizzu (’n kodewoord vir beskermingsgeld).Gambetta, The Sicilian Mafia, bl. 136. Die stuk was gewild in Italië en die woord "mafia" is gou in die staat se vroeë verslae oor die verskynsel gebruik. Die woord het in 1865 die eerste keer in ’n verslag verskyn deur die prefek van Palermo Filippo Antonio Gualterio.Lupo, The History of the Mafia , bl. 3.

duimnael|170px|Tommaso Buscetta (1950's). Die term "mafia" het ’n generiese term geword vir enige georganiseerde misdaadnetwerk met ’n soortgelyke struktuur, metodes en belange. Volgens Mafia-oorlopers is die Mafia se regte naam "Cosa Nostra" ("Ons Ding" of "Ons Saak").Their Thing , Time, 16 Augustus 1963.Killers in Prison , Time, 4 Oktober 1963."The Smell of It" , Time, 11 Oktober 1963. In Amerika is dit verstaan as ’n eienaam en het die FBI selfs "la" by die term gevoeg. Hulle noem dit "La Cosa Nostra" (in Italië word die lidwoord "la" nie gebruik nie).

In 1984 het die Mafia-informant Tommaso Buscetta aan magistrate in Sisilië onthul dat die naam Cosa Nostra daar ook gebruik word. Hy het die woord "mafia" verwerp as ’n bloot letterkundige skepping. Ander oorlopers soos Antonino Calderone en Salvatore Contorno het bevestig dat lede die naam Cosa Nostra gebruik.

Die Sisiliaanse Mafia het ook al ander name gebruik om hulself te beskryf, soos "Die Gerespekteerde Vereniging". Mafiosi is onder mekaar bekend as "manne van eer" of "manne van respek".

Die naam Cosa Nostra word nie gebruik vir ander mafia-agtige organisasies in Italië nie.

Geskiedenis Die oorsprong van Cosa Nostra is moeilik om na te speur, want mafiosi is baie geheimsinnig en hou nie self historiese rekords nie. Hulle is in werklikheid bekend daarvoor dat hulle met opset leuens versprei oor hul verlede en soms hul eie mites glo.

Sisilië ná feodalisme Die Mafia het in die 19de eeu ontstaan. Moderne geleerdes glo die saadjie is geplant in die tyd van Sisilië se oorgang van feodalisme vanaf 1812 en die eiland se anneksasie deur die vasteland van Italië in 1860. Onder feodalisme het die adellikes die meeste van die grond besit en wet en orde afgedwing met behulp van hul leërs. Ná 1812 het die feodale grondbaronne stelselmatig hul grond verkoop of aan privaat burgers verhuur. Eersgeboortereg is afgeskaf, beslag kon nie meer op grond gelê word om skuld te delg nie en ’n vyfde van die grond het die privaat eiendom van die kleinboere geword.Jason Sardell, Economic Origins of the Mafia and Patronage System in Sicily , 2009.

Nadat Italië Sisilië geannekseer het, is ’n groot deel van die openbare en kerkgrond onder privaat burgers herverdeel. Die gevolg was ’n groot toename in grondbesitters – van 2 000 in 1812 tot 20 000 teen 1861.Oriana Bandiera, Private States and the Enforcement of Property Rights: Theory and evidence on the origins of the Sicilian mafia , 2001, bl. 8–10

duimnael|280px|Die ontstaan van Cosa Nostra. duimnael|280px|’n Kaart van 1900 van Mafia-teenwoordigheid in Sisilië. Dorpe met Mafiabedrywighede is met rooi kolle gemerk. Die Mafia was veral in die weste werksaam, in gebiede met groot landbouproduktiwiteit. Saam met hierdie toename in eiendomsbesitters en handel het meer dispute ontstaan wat opgelos moes word, kontrakte wat afgedwing moes word, transaksies waaroor toesig gehou moes word en eiendom wat beskerm moes word. Die baronne het hul privaat leërs afgeskaf sodat die staat regstoepassing kon oorneem, maar die nuwe owerhede was nie in staat daartoe nie, grootliks weens hul onervarenheid met kapitalisme. Die gebrek aan mannekrag was ook ’n probleem; daar was dikwels minder as 350 aktiewe polisiemanne vir die hele eiland. Sommige dorpe het geen voltydse polisiemanne gehad nie, net troepe wat hulle elke paar maande besoek het. Tussendeur was die gebiede in die hande van misdadigers.D. Mack Smith. A History of Sicily: Modern Sicily, after 1713. bl. 368. ’n Bykomende probleem was rowery; stygende kospryse, die verlies van openbare en kerkgrond en feodale regte het baie kleinboere tot diefstal gedryf. Weens stygende misdaad, ’n blommende handel en te min owerhede het eiendomseienaars hulle tot buitewetlike bemiddelaars en beskermers gewend. Hierdie buitewetlike beskermers het hulle eindelik in die eerste Mafia-clans georganiseer.