duimnael|In Wakefield is 'n standbeeld ter ere van rabarber opgerig duimnael|Kweekhuis-rabarber word in donkerheid of in kerslig gekweek en geoes duimnael|Rabarber word op Leeds se Kirkgate-mark te koop aangebied
Die Rhubarb Triangle ("Rabarberdriehoek") is 'n driehoekgebied in Wes-Yorkshire, Engeland, geleë tussen die nedersettings Wakefield, Morley en Rothwell met 'n oppervlakte van 9 vierkante myl (23 km2) wat in die Verenigde Koninkryk bekendstaan vir sy soet kweekhuis-rabarber wat vroeg in die jaar geoes en bemark word. Oorspronklik was die Rabarberdriehoek veel groter en het 'n gebied tussen Leeds, Bradford en Wakefield beslaan. Belangrike nedersettings in die huidige kleiner streek sluit Kirkhamgate, East Ardsley, Stanley, Lofthouse en Carlton in.
Die plaaslike rabarberbedryf is vanaf die eerste dekade van die 20ste eeu tot 1939 grootliks uitgebrei en het op sy hoogtepunt 'n gebied van 30 vierkante myl (78 km2) met sowat 200 rabarberplase beslaan.Munchies: The Sweetest Rhubarb Is Forced Inside a Pitch-Dark Shed. Besoek op 24 April 2018 Die taai rabarberplant is oorspronklik uit Siberië afkomstig en aard goed in die nat en koue winters van Wes-Yorkshire, 'n streek wat vroeër sowat 90 persent van die wêreld se winterrabarber in eenvoudige kweekhuisskure geteel het wat daar orals op die velde aangetref is. Yorkshire se kweekhuis-rabarberplante begin eers buite ontwikkel om daarna uitgegrawe en in lang, lae en verwarmde kweekhuisskure oorgeplaas te word waar hulle in volledige donkerheid vinnig groei. Sonder sonlig gebruik die rabarberplant sy eie suikers om te groei en ontwikkel sodoende sy unieke soet smaak.BBC Nuus, 29 Februarie 2012: Wakefield rhubarb festival attracts record visitor numbers. Besoek op 24 April 2018
Kweekhuis-rabarber uit Yorkshire is in 2010 deur die Europese Unie as 'n produk van beskermde oorsprong (Protected Designation of Origin, PDO) gelys. Die PDO-etiket waarborg dat die produk volgens tradisionele metodes in 'n lank gevestigde verbouingsgebied gekweek en geoes is.
Verwysings
Eksterne skakels The Rhubarb Compendium - Forcing Rhubarb In Winter growveg.co.uk: Forcing Rhubarb For an Earlier, Tastier Harvest A Year in the English Garden: How to Force Rhubarb Jamie Oliver: 5 ways with forced rhubarb Visit Britain: Yorkshire Forced Rhubarb BBC Food: Yorkshire forced rhubarb: Made in the dark
Kategorie:Engeland