Anders Fogh Rasmussen (; gebore 26 Januarie 1953) is 'n Deense politikus. Hy was die 24ste eerste minister van Denemarke van November 2001 tot April 2009 en die 12de sekretaris-generaal van NAVO van Augustus 2009 tot Oktober 2014. Hy is tans die HUB van politieke adviseerder Rasmussen Global en 'n senior adviseerder by The Boston Consulting Group se buro in Kopenhagen.

Verwysings

Kategorie:Deense politici Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Premiers Kategorie:Sekretarisse-generaal van die NAVO Kategorie:Geboortes in 1953 Kategorie:Lewende mense