Die WACA (amptelik die WACA Ground ) is 'n sportstadion in Perth, Wes-Australië. Die stadion se naam is afgelei van die eerste letters van sy eienaars en operateurs, die Wes-Australiese Krieketassosiasie.

Deur die geskiedenis heen is die stadion ook gebruik vir 'n verskeidenheid ander sportsoorte, insluitende atletiek, Australiese voetbal, bofbal, sokker, rugby league en rugbyunie. Dit is tydens die Krieketwêreldbeker 1992, die Krieketwêreldbeker 2015 en die T20I-vrouewêreldbeker 2020 gebruik.

Die afgelope jaar het die meeste van hierdie aktiwiteite egter verhuis na ander sportplekke. Dit is ook reeds gebruik vir groot rockkonserte.

Fotogalery

Wedstryde Krieketwêreldbeker 1992

Krieketwêreldbeker 2015

T20I-vrouewêreldbeker 2020

Verwysings

Eksterne skakels

Amptelike webwerf WACA-krieketveld op ESPNcricinfo

Kategorie:Perth Kategorie:Krieketstadions in Australië Kategorie:Krieketwêreldbekerstadions Kategorie:Sokkerstadions in Australië Kategorie:T20I-vrouewêreldbekerstadions