Alexis Tsipras (gebore 28 Julie 1974) was van 2015 tot Julie 2019 die Eerste Minister van Griekeland.

Tsipras is in 1974 in Athene gebore. Hy is siviele ingenieur en het aan die Nasionale Tegniese Universiteit in Athene gestudeer. In 1999 is hy tot sekretaris van die Jeug van Synaspismos verkies. Hierdie organisasie is 'n koalisie van Links en die Ekoloë. Hy word lid van Syriza, 'n radikaal-linkse party en word in Oktober 2009 se verkiesing lid van die Griekse parlement. Hy verteenwoordig 'n Atheense setel. In Julie 2013 word hy die voorsitter van hierdie party. Van Julie 2012 tot Desember 2014 is hy leier van die opposisie. In Januarie 2015 word hy herverkies, maar verteenwoordig die distrik Heraklion op Kreta. Na hierdie verkiesings word Syriza die regeringsparty en word hy eerste minister.primeminister.gr

Verwysings

Kategorie:Griekse politici Kategorie:Ingenieurs Kategorie:Opposisieleiers Kategorie:Premiers Kategorie:Geboortes in 1974 Kategorie:Lewende mense