Die Krieketwêreldbeker 1996 (Engels: 1996 Cricket World Cup; Hindi: १९९६ क्रिकेट विश्व कप; Singalees: 1996 ක්‍රිකට් ලෝක කුසලානය; Tamil: 1996 துடுப்பாட்ட உலகக்கிண்ணம்; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1996ء) is van 14 Februarie tot 17 Maart 1996 in Indië, Pakistan en Sri Lanka beslis. Dit was die sesde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede op die Indiese subkontinent. Indië en Pakistan het voorheen die 1987-toernooi gesamentlik gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur die Indiese konglomeraatmaatskappy ITC Beperk geborg en staan dus amptelik bekend as die Wills Wêreldbeker 1996, genoem na dié maatskappy se sigarethandelsmerk Wills Navy Cut.

duimnael|links|upright|Die Wills Wêreldbeker vir die Krieketwêreldbeker 1996 Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1996 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1994 (Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate). Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate het vir die eerste keer vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee vir hul eerste vername internasionale kriekettoernooi.

Tydens die Krieketwêreldbeker 1996 is 37 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Die toernooi is reeds voor die begin deur kontroverse geteister aangesien die spele in Sri Lanka tydens die burgeroorlog in dié land aangebied sou word. Die spanne van Australië en Wes-Indië het ná die Tamil Tigers se bomaanslag op die Sentrale Bank in Colombo in Januarie 1996 geweier om in Sri Lanka teen dié land se nasionale krieketspan te speel. Ná uitgebreide onderhandelinge het die Internasionale Krieketraad beslis dat albei wedstryde weens verbeuring aan Sri Lanka toegeken sal word. As gevolg van hierdie besluit het Sri Lanka regstreeks vir die kwarteindrondte gekwalifiseer voordat hulle hoegenaamd ’n wedstryd gespeel het.

Sri Lanka het die eindstryd op Gaddafistadion in Lahore teen Australië met sewe paaltjies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm. Indië en Wes-Indië was die ander twee semi-finaliste. Die verdedigende kampioen en medegasheer Pakistan is in die halfeindstryd te Bangalore deur die aartsvyand Indië met 39 lopies geklop. Suid-Afrika het sy kwarteindstryd te Karatsji teen Wes-Indië met 19 lopies verloor.

Toewysing Die IKR het die Krieketwêreldbeker 1996 toegewys aan Indië, Pakistan en Sri Lanka. Van die ander kandidaatlande was Engeland en Suid-Afrika.

Deelnemers Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka (medegasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1996 gekwalifiseer. Kenia, Nederland en die Verenigde Arabiese Emirate was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1994 gekwalifiseer; almal het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 32 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGashereSesde1992Kampioen (1983)ASesde1992Kampioen (1992)BSesde1992Groepfase (1975, 1979, 1983, 1987, 1992)AVolle ledeSesde1992Kampioen (1987)ASesde1992Naaswenner (1979, 1987, 1992)BSesde1992Halfeindrondte (1975, 1979, 1992)BTweede1992Halfeindrondte (1992)BSesde1992Kampioen (1975, 1979)AVierde1992Groepfase (1983, 1987, 1992)AIKR-trofee 1994Eerste–DebuutAEerste–DebuutBEerste–DebuutB

Stadions Indië het 17 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan 16 wedstryde op ses plekke en Sri Lanka vier wedstryde op drie plekke aangebied het.

Kalkutta, Wes-Bengale Kanpur, Uttar Pradesh Mohali, Punjab Bangalore, Karnataka Madras, Tamil Nadu Eden Gardens Green Park Inderjit Singh Bindra M. Chinnaswamy M. A. Chidambaram Kapasiteit: 120 000 Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 55 000 Kapasiteit: 50 000 150px 150px 150px 150px 150px Hyderabad, Andhra Pradesh Cuttack, Orissa Gwalior, Madhya Pradesh Lal Bahadur Shastri Barabati Captain Roop Singh Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 55 000 150px 150px 150px Visakhapatnam, Andhra Pradesh Patna, Bihar Pune, Maharashtra Bombaai, Maharashtra Ahmedabad, Gujarat Indira Priyadarshini Moin-ul-Haq Nehrustadion Wankhedestadion Sardar Patel Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 48 000 150px 150px 150px 150px Baroda, Gujarat Jaipur, Rajasthan Nagpur, Maharashtra Nieu-Delhi, Nasionale Hoofstadgebied Karatsji, Sindh Moti Bagh Sawai Mansingh Vidarbha-krieketverenigingveld Feroz Shah Kotla Ground Nasionale stadion Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 48 000 Kapasiteit: 34 228 150px 150px 150px 150px Lahore, Punjab Rawalpindi, Punjab Pesjawar, Khyber Pakhtunkhwa Gaddafistadion Rawalpindi-krieketstadion Arbab Niaz Kapasiteit: 27 000 Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 20 000 150px 150px Faisalabad, Punjab Gujranwala, PunjabColombo, Westelike provinsie Kandy, Sentrale provinsie Iqbalstadion Jinnahstadion R. Premadasa-stadion Singalese Sportklub Asgiriyastadion Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 10 300 150px 125px 150px 150px

Formaat Die Krieketwêreldbeker 1996 is oor 33 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 37 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 1996 op Sardar Patel-stadion, Ahmedabad, Indië, met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op Gaddafistadion in Lahore, Pakistan, op 17 Maart met die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka, waartydens Sri Lanka die Wills Wêreldbeker ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1996 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseFebruarie/MaartWo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr1Sa2So3Ma4Di5Wo6Seremonies | bgcolor=#d6325b |

|Groep A

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseMaartDo7Vr8Sa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#00cc33| 2 | | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Krieketwêreldbeker 1996 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Skeidsregters ’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi gebruik.

Steve Randell (Australië) David Shepherd (Engeland) V. K. Ramaswamy (Indië) Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Indië) Steve Dunne (Nieu-Seeland) Khizer Hayat (Pakistan) Mahboob Shah (Pakistan) B. C. Cooray (Sri Lanka) K. T. Francis (Sri Lanka) Cyril Mitchley (Suid-Afrika) Steve Bucknor (Wes-Indië) Ian Robinson (Zimbabwe)

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Span55000+1.601053200+0.90653200+0.45652300−0.13451400−0.93251400−1.002

Groep B Span55000+2.041054100+0.96853200+0.55652300+0.08451400−1.83250500−1.920

Uitklopfase duimnael|Die eindstryd tussen Australië en Sri Lanka is op 17 Maart op Lahore se Gaddafistadion beslis duimnael|’n Sri Lankaanse 5-roepeemunt ter herdenking aan die oorwinning tydens die Krieketwêreldbeker 1996 uit 1999

Kwarteindrondte

Halfeindrondte

Eindstryd

Krieketwêreldkampioen 1996

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1996.

duimnael|400px|Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1996: RangSpanGroep Finaliste 1 A 8 8 0 0 1631 1349 +282 16 2 A 8 5 0 3 1686 1568 +118 10 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 7 4 0 3 1544 1608 –64 8 4 A 7 3 0 4 1119 1172 –53 6 In die kwarteindrondte uitgeskakel 5 B 6 5 0 1 1545 1155 +390 10 6 B 6 4 0 2 1284 1268 +16 8 7 B 6 3 0 3 1520 1331 +189 6 8 B 6 2 0 4 1293 1321 –28 4 In die groepfase uitgeskakel 9 A 5 1 0 4 877 923 –46 −0.93 2 10 A 5 1 0 4 960 1135 –175 −1.00 2 11 B 5 1 0 4 784 1065 –281 −1.83 2 12 B 5 0 0 5 947 1285 –338 −1.92 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Sachin Tendulkar 523 2 Mark Waugh 484 3 Aravinda de Silva 448 4 Gary Kirsten 391 5 Saeed Anwar 329 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Anil Kumble 15 2 Waqar Younis 13 3 Paul Strang 12 Roger Harper Damien Fleming Shane Warne

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

The Wills World Cup, 1996 Wills World Cup, 1995/96 1996 World Cup Wills World Cup 1995/96 – Fixtures and Results

Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Pakistan Kategorie:Geskiedenis van Sri Lanka Kategorie:Krieketkompetisies in Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Pakistan Kategorie:Krieketkompetisies in Sri Lanka 1996 Kategorie:Sport in 1996