Die Krieketwêreldbeker 1999 (Engels: 1999 Cricket World Cup; Nederlands: Wereldkampioenschap cricket 1999) is van 14 Mei tot 20 Junie 1999 in Engeland (nominale gasheer), Ierland, Nederland, Skotland en Wallis beslis. Dit was die sewende krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vierde in Engeland. Dié land het voorheen die toernooie van 1975, 1979 en 1983 gehuisves. Die toernooi is drie jaar ná die vorige krieketwêreldbekertoernooi aangebied, waarmee dit van die gewone periode van vier jaar afgewyk het.
duimnael|links|upright|Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Twaalf nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1999 deelgeneem: Die destydse nege toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die drie beste spanne van die IKK-trofee 1997 (Bangladesj, Kenia en Skotland). Beide Bangladesj en Skotland het vir die eerste keer vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer.
Tydens die Krieketwêreldbeker 1999 is 42 wedstryde gespeel, waaronder 30 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Suid-Afrika geklop en Pakistan vir Nieu-Seeland, voordat Australië die eindstryd op Lord’s in Londen teen Pakistan met agt paaltjies gewen en sodoende sy tweede titel ingepalm het. Australië het daarmee die eerste land geword wat die nuwe permanente krieketwêreldbekertrofee verower het; vir die vorige toernooie is verskeie trofeë oorhandig. Daarbenewens het hulle ná Wes-Indië (in 1975 en 1979) die tweede krieketland geword wat die titel vir ’n tweede keer ingepalm het. Die verdedigende kampioen Sri Lanka is reeds in die groepfase uitgeskakel: die eerste verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Zimbabwe het ná ’n verrassende oorwinning oor die buurland Suid-Afrika pleks van Engeland vir die eerste keer die tweede rondte van ’n IKR-toernooi gehaal.
Interessant genoeg is die Rugbywêreldbeker 1999 op ’n soortgelyke manier deur vyf Europese lande aangebied (met Frankryk pleks van Nederland) en ook deur Australië gewen, die eerste land wat dit tot dusver vermaak het om albei wêreldbekertoernooie in dieselfde jaar te wen.
Toewysing duimnael|’n Emirates A330-243 adverteer vir die Krieketwêreldbeker 1999 Die Krieketwêreldbeker 1999 is deur die IKR toegewys aan Engeland. Van die medegashere was Ierland, Nederland, Skotland en Wallis. Met uitsondering van die toetskrieketland Engeland was die medegashere nie regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer nie en hulle moes aan die IRK-trofee 1997 deelneem. Beide Ierland en Nederland het egter nie vir die toernooi gekwalifiseer nie.
Deelnemers Die volgende twaalf spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer: Australië, Engeland (nominale gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1999 gekwalifiseer. Bangladesj, Kenia en Skotland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 1997 gekwalifiseer. Beide Bangladesj en Skotland het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 34 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepNominale gasheerSewende1996Naaswenner (1979, 1987, 1992)AVolle ledeSewende1996Kampioen (1987)BSewende1996Kampioen (1983)ASewende1996Halfeindrondte (1975, 1979, 1992)BSewende1996Kampioen (1992)BSewende1996Kampioen (1996)ADerde1996Halfeindrondte (1992)ASewende1996Kampioen (1975, 1979)BVyfde1996Groepfase (1983, 1987, 1992, 1996)AIKR-trofee 1997Eerste–DebuutBTweede1996Groepfase (1996)AEerste–DebuutB
Stadions Engeland het 37 wedstryde op 17 verskeie plekke gehuisves, terwyl Ierland, Nederland en Wallis elk een en Skotland twee wedstryde aangebied het. Skotland het twee van sy Groep B-wedstryde tuis gespeel en sodoende die eerste assosiaatlid geword wat wedstryde tydens ’n wêreldbekertoernooi aangebied het. Een Groep B-wedstryd elk is in Ierland en Wallis beslis, terwyl een Groep A-wedstryd in Nederland gespeel is. Die nasionale krieketspanne van Ierland en Nederland het egter nie aan hierdie toernooi deelgeneem nie.
Birmingham, Wes-Midlands Bristol, City of Bristol Canterbury, Kent Chelmsford, Essex Chester-le-Street, Durham Edgbaston Bristol-krieketveld St Lawrence Ground County-krieketveld Riverside Ground Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 8 000 Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 6 500 Kapasiteit: 15 000 150px 150px 150px 150px 150px Derby, Derbyshire Hove, Sussex Leeds, Wes-Yorkshire County-krieketveld County-krieketveld Headingley Kapasiteit: 9 500 Kapasiteit: 7 000 Kapasiteit: 17 500 150px 150px 150px Leicester, LeicestershireLonden, Groter Londen Manchester, Groter Manchester Northampton, Northamptonshire Grace Road Lord’s The Oval Old Trafford County-krieketveld Kapasiteit: 12 000 Kapasiteit: 28 000 Kapasiteit: 23 500 Kapasiteit: 22 000 Kapasiteit: 6 500 150px 150px 150px 150px 150px Nottingham, Nottinghamshire Southampton, Hampshire Taunton, Somerset Trent Bridge County-krieketveld County-krieketveld Kapasiteit: 17 500 Kapasiteit: 6 500 Kapasiteit: 6 500 150px 150px Worcester, Worcestershire Amstelveen, Noord-Holland Cardiff, Suid-Glamorgan Dublin, Leinster Edinburg, Midlothian New Road VRA-krieketveld Sophia Gardens Castle Avenue The Grange Club Kapasiteit: 4 500 Kapasiteit: 4 500 Kapasiteit: 15 653 Kapasiteit: 3 200 Kapasiteit: 3 000 150px 150px 150px
Formaat Die Krieketwêreldbeker 1999 is oor 38 dae tussen twaalf verskillende spanne oor 42 wedstryde beslis. Dit het op 14 Mei 1999 op Lord’s in Londen met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en die verdedigende kampioen Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 20 Junie met die eindstryd tussen Australië en Pakistan, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1999 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMeiVr14Sa15So16Ma17Di18Wo19Do20Vr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Ma31Seremonies | bgcolor=#d6325b |
|Groep A | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1,5 | bgcolor=#c364f3| 1,5 | Groep B
| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2Super SesJunieDi1Wo2Do3Vr4Sa5So6Ma7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Super Ses
| bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 |colspan="2" bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1UitklopfaseJunieMa14Di15Wo16Do17Vr18Sa19So20Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Groepfase en Super Ses Die Krieketwêreldbeker 1999 is deur twaalf nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die twaalf deelnemende spanne in twee groepe van ses elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span vyf wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.
In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters ’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi gebruik.
Darrell Hair (Australië) David Shepherd (Engeland) Peter Willey (Engeland) Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Indië) Doug Cowie (Nieu-Seeland) Steve Dunne (Nieu-Seeland) Javed Akhtar (Pakistan) K. T. Francis (Sri Lanka) Rudi Koertzen (Suid-Afrika) Dave Orchard (Suid-Afrika) Steve Bucknor (Wes-Indië) Ian Robinson (Zimbabwe)
Wedstryde Die wedstryde is in drie fases opgedeel, naamlik die groepfase, die Super Ses en die uitklopfase.
Groepfase Kwalifiseer vir die Super Ses.Uit die toernooi geskakel. Twaalf spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die drie beste spanne in elke groep het na die Super Ses deurgedring.
Groep A Span54100+0.868253200+1.286053200+0.026453200−0.336–52300−0.814–50500−1.200–
Groep B Span54100+0.518453200+0.736053200+0.586253200+0.506–52300−0.524–50500−1.930–
Super Ses Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Hierdie fase was van die mees gesiene dele van die toernooi, aangesien Indië en Pakistan amptelik in oorlog (Kargil-konflik) was tydens hul krieketwedstryd, die eerste keer wat dit in die geskiedenis van die sport gebeur het.
Punte wat oorgedra is, is slegs toegepas op die ses spanne wat uit die groepfase van die toernooi gevorder het. Die punte was die aantal punte wat hul mede-kwalifiseerders van hul onderskeie groepe aangeteken het. Die punte wat oorgedra is, is nie een keer in die Super Ses verander nie.
Span53200+0.656453200+0.366053200+0.176252210−0.525252210−0.795451400−0.1520
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s in Londen ontmoet het.
duimnael|Die eindstryd tussen Australië en Pakistan is op 20 Junie op Lord’s in Londen beslis
Halfeindrondte
Eindstryd
Krieketwêreldkampioen 1999
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al twaalf deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1999.
duimnael|400px|Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1999: