Die Krieketwêreldbeker 2011 (Bengaals: ২০১১ ক্রিকেট বিশ্বকাপ; Engels: 2011 Cricket World Cup; Hindi: २०११ क्रिकेट विश्व कप; Singalees: 2011 ක්‍රිකට් ලෝක කුසලානය; Tamil: 2011 துடுப்பாட்ட உலகக்கோப்பை) is van 19 Februarie tot 2 April 2011 in Indië, Sri Lanka en Bangladesj (vir die eerste keer) beslis. Pakistan is ná die aanval op die Sri Lankaanse nasionale krieketspan in 2009 van sy rol as medegasheer ontneem. Dit was die tiende krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die derde op die Indiese subkontinent. In dié streek is voorheen die toernooie van 1987 en 1996 aangebied.

duimnael|links|upright|Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is 14 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2011 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die vier beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2009 (Ierland, Kanada, Kenia en Nederland).

Tydens die Krieketwêreldbeker 2011 is 49 wedstryde gespeel, waaronder 42 tydens die groepfase en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Indië het die eindstryd op Wankhedestadion in Mumbai met ses paaltjies teen Sri Lanka gewen en sodoende sy tweede titel ingepalm. Daarmee het hulle die derde krieketland geword wat die titel vir ’n tweede keer ingepalm het, ná Australië (in 1987, 1999, 2003, 2007 en later 2015) en Wes-Indië (in 1975 en 1979). Daarbenewens het Indië die eerste gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Dit was die eerste eindstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee Asiatiese spanne gesien het en sedert die 1992-toernooi die eerste eindstryd sonder Australië (die verdedigende kampioen). Ná die 1987-eindwedstryd was dit die tweede wat in Indië beslis is. Die eindwedstryd het sowat een miljard televisiekykers gelok. Nieu-Seeland en Pakistan was die ander twee semi-finaliste. Die verdedigende kampioen Australië is in die kwarteindstryd te Ahmedabad deur die medegasheer Indië met vyf paaltjies geklop. Suid-Afrika het sy kwarteindstryd te Dhaka teen Nieu-Seeland met 49 lopies verloor. Beide Kenia en Zimbabwe is in die groepfase uitgeskakel.

In Junie 2020 is beweer dat die eindstryd geknoei is en Sri Lanka die wedstryd aan Indië verkoop het. Sri Lanka se voormalige Minister van Sport, Mahindananda Aluthgamage, het gesê: “Die krieketwêreldbekereindstryd was geknoei. Ek staan daarby wat ek sê. Dit het plaasgevind toe ek die Minister van Sport was.” Voorheen het die voormalige kaptein van Sri Lanka, Arjuna Ranatunga, ook beweer dat die eindstryd geknoei is en vir ’n ondersoek van dié saak gevra. In Julie 2020 is die ondersoek deur die IKR egter laat vaar, nadat geen ondersteunende bewyse gelewer kon word om dié bewerings te verifieer nie. Die IKR het ook bygevoeg dat hulle geen rede het om aan die eindstryd se integriteit te twyfel nie.

Toewysing duimnael|Openingseremonie van die Krieketwêreldbeker 2011 op 17 Februarie 2011 te Dhaka, Bangladesj Op 30 April 2006 het die IKR die drie krieketwêreldbekertoernooie van 2011, 2015 en 2019 toegewys. Die gemeenskaplike bod van Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka vir die Krieketwêreldbeker 2011 is met tien teenoor drie stemme bo Australië en Nieu-Seeland s’n verkies. Vervolgens is die Krieketwêreldbeker 2015 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys, nadat Engeland slegs vir die Krieketwêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.

Die Pakistanse Krieketraad het bekendgemaak dat Krieket Wes-Indië se stem beslissend was, aangesien die Asiatiese bod die ondersteuning van Suid-Afrika en Zimbabwe asook dié van die vier kandidaatlande geniet het. Die Pakistanse koerant Dawn het berig dat die Asiatiese lande tydens die Krieketwêreldbeker 2007 fondsinsamelingsgeleenthede vir die Wes-Indiese krieket belowe het wat die stemming dalk kon beïnvloed het. I. S. Bindra, voorsitter van die Asiatiese bod se moniteringskomitee, het egter gesê dat hul belofte van ekstra winste van sowat $400 miljoen deurslaggewend was, dat daar “geen quid pro quo vir hul steun was nie”, en om teen Wes-Indië te speel “niks te doen het met die wêreldbekerbod nie”.

Toe op 3 Maart 2009 die Sri Lankaanse nasionale krieketspan in Lahore aangeval is, het die reeds bestaande veiligheidsbekommernisse van baie lande toegeneem. Op 17 April 2009 het die IKR beslis, dat geen van die beplande 14 wedstryde in Pakistan sou plaasvind nie, maar onder die drie ander medegashere verdeel sou word. Die Pakistanse Krieketraad het beraam dat hulle daardeur ’n verlies van sowat $10,5 miljoen sou ly. Pakistan het vervolgens met regstappe gedreig en daarop aangedring dat bykomend tot ’n finansiële vergoeding die in Pakistan beplande wedstryde na ’n neutrale plek (byvoorbeeld die Verenigde Arabiese Emirate ) verskuif word. Die IKR het egter beweer dat die Pakistanse Krieketraad steeds ’n medegasheer was en dat hulle slegs die wedstryde uit Pakistan verskuif het. ’n Ander opsie was die omruiling van gasheerregte met Australië en Nieu-Seeland wat die volgende Krieketwêreldbeker 2015 sou huisves; dié voorstel is egter deur die medegashere verwerp. Uiteindelik het Pakistan en die IKR op ’n finansiële vergoeding ooreengekom. Die hoofkwartier van die reëlingskomitee, oorspronklik in Lahore gesetel, is na Mumbai verskuif. Van die wedstryde is agt (insluitende ’n halfeindstryd) aan Indië, vier aan Sri Lanka en twee, asook die openingseremonie, aan Bangladesj toegewys.

Deelnemers Die volgende 14 spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2011 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj (medegasheer), Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka (medegasheer), Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2011 gekwalifiseer. Ierland, Kanada, Kenia en Nederland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2009 gekwalifiseer. Al die deelnemende spanne het ook aan die vorige Krieketwêreldbeker 2007 deelgeneem, vervolgens was daar geen debutante nie.

’n Besondere oogmerk was die deelnemende assosiaatlede van die IKR: Ierland, Kanada, Kenia en Nederland. Die rede hiervoor was die aangekondigde afname in deelnemende spanne tot tien vir die volgende toernooie en die vrees dat van die assosiaatlede nie meer aan toekomstige krieketwêreldbekertoernooie sou kon deelneem nie. Tydens die IKR-ontmoeting ná die Krieketwêreldbeker 2011 is die vrese bevestig, toe die IKR besluit het dat aan die volgende twee toernooie in 2015 en 2019 slegs tien spanne mag deelneem.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 26 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGashereVierde2007Super Agt (2007)BTiende2007Kampioen (1983)ATiende2007Kampioen (1996)AVolle ledeTiende2007Kampioen (1987, 1999, 2003, 2007)ATiende2007Naaswenner (1979, 1987, 1992)BTiende2007Halfeindrondte (1975, 1979, 1992, 1999, 2007)ATiende2007Kampioen (1992)ASesde2007Halfeindrondte (1992, 1999, 2007)BTiende2007Kampioen (1975, 1979)BAgtste2007Super Ses (1999, 2003)AKrieketwêreldbekerkwalifisering 2009Tweede2007Super Agt (2007)BVierde2007Groepfase (1979, 2003, 2007)AVyfde2007Halfeindrondte (2003)AVierde2007Groepfase (1996, 2003, 2007)B

Stadions Hieronder die stadions soos op 2 November 2009 deur die Internasionale Krieketraad aangekondig. Indië het 29 wedstryde op agt verskeie plekke gehuisves, terwyl Sri Lanka twaalf wedstryde op drie plekke en Bangladesj agt wedstryde op twee plekke aangebied het.

Kolkata, Wes-Bengale Chennai, Tamil Nadu Nieu-Delhi, Nasionale Hoofstadgebied Nagpur, Maharashtra Ahmedabad, Gujarat Eden Gardens M. A. Chidambaram-stadion Feroz Shah Kotla Ground Vidarbha-krieketverenigingveld Sardar Patel-stadion Kapasiteit: 66 349 Kapasiteit: 37 220 Kapasiteit: 40 715 Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 54 000 125px 125px 125px 125px 125px Mumbai, Maharashtra Mohali, Punjab Bangalore, Karnataka Wankhedestadion Inderjit Singh Bindra M. Chinnaswamy Kapasiteit: 32 000 Kapasiteit: 42 000 Kapasiteit: 36 430 125px 125px 125px Colombo, Westelike provinsie Kandy, Sentrale provinsie Hambantota, Suidelike provinsie Chittagong Dhaka R. Premadasa-stadion Pallekele InternasionaleKrieketstadion Mahinda RajapaksaInternasionale Stadion Zohur AhmedChowdhury-stadion Sher-e-Bangla NasionaleKrieketstadion Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 35 000 Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 26 000 125px 125px 125px 125px

Formaat Die Krieketwêreldbeker 2011 is oor 45 dae tussen 14 verskillende spanne oor 49 wedstryde beslis. Dit het op 19 Februarie 2011 op Sher-e-Bangla Nasionale Krieketstadion in Dhaka, Bangladesj, met die openingswedstryd tussen die medegashere Bangladesj en Indië begin. Die toernooi het geëindig op Wankhedestadion in Mumbai, Indië, op 2 April met die eindstryd tussen Indië en Sri Lanka, waartydens Indië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1996 gebruik, maar destyds het twaalf in plaas van 14 nasionale krieketspanne deelgeneem.

Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2011 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseFebruarie/MaartDo17Vr18Sa19So20Ma21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di1Wo2Do3Vr4Sa5So6Ma7Di8Wo9Do10Vr11Sa12So13Ma14Di15Wo16Do17Vr18Sa19So20Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groep A

| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1Groep B

| bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseMaart/AprilMa21Di22Wo23Do24Vr25Sa26So27Ma28Di29Wo30Do31Vr1Sa2Seremonies

| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1

Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan tot 15 verminder is. Elke land moes teen 19 Januarie 2011 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê.

Groepfase