Die Krieketwêreldbeker 2023 (Engels: 2023 Cricket World Cup; Hindi: २०२३ क्रिकेट विश्व कप) is van 5 Oktober tot 19 November 2023 in Indië beslis. Die oorspronklike datums vir dié toernooi was tussen 9 Februarie tot 26 Maart 2023, maar in Julie 2020 is dit na Oktober en November 2023 herskeduleer, nadat die kwalifisering weens die wêreldwye Covid-19-pandemie vertraag is. Dit was die 13de krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vierde in Indië. Dié land het voorheen as medegasheer van die toernooie in 1987 (saam met Pakistan), 1996 (saam met Pakistan en Sri Lanka) en 2011 (saam met Bangladesj en Sri Lanka) opgetree; slegs Engeland het meer toernooie gehuisves. Dit was die eerste toernooi wat geheel en al in Indië aangebied is en slegs die derde wat deur een gasheerland gehou is; die eerste twee toernooie in 1975 en 1979 is deur Engeland op sy eie gehuisves.

duimnael|links|upright|Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2019 het onveranderd gebly en tien nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2023 deelgeneem: Die gasheer Indië, die sewe beste spanne van die Superliga 2020–2023 (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika), saam met die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 (Nederland en Sri Lanka).

Tydens die Krieketwêreldbeker 2023 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 45 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 5 Oktober met die openingswedstryd tussen die twee finaliste van die 2019-toernooi Engeland en Nieu-Seeland op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad begin. Al die spanne het in een groep 45 wedstryde beslis, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die eindstryd is op 19 November op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad gehou, terwyl die sewe beste spanne saam met die gasheer Pakistan regstreeks vir die Kampioenetrofee 2025 gekwalifiseer het. Engeland was die verdedigende kampioen nadat hulle die vorige Krieketwêreldbeker 2019, teen Nieu-Seeland in die nouste eindstryd in dié tyd (’n amptelike gelykop), tuis gewen het.

Australië, Indië, Nieu-Seeland en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Nieu-Seeland geklop en Australië vir Suid-Afrika, voordat Australië die eindstryd op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad teen die gasheer Indië met ses paaltjies gewen en sodoende sy sesde titel ingepalm het. Ná die 2003-toernooi in Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia was dit die tweede ontmoeting tussen dié twee lande in ’n eindstryd wat ook deur Australië gewen is. Die verdedigende kampioen Engeland is reeds in die groepfase uitgeskakel.

Die Internasionale Krieketraad het voor die Krieketwêreldbeker 2015 aangekondig dat slegs tien van die vernaamste krieketlande aan die volgende toernooie van 2019 en 2023 sal kan deelneem. Dit het groot kritiek uitgelok, omdat veral die assosiaatlede van die IKR gevrees het dat die afstand in kwaliteit tussen hulle en die voorste toetskrieketlande groter sou word. Die IKR se redenasie vir hierdie stap was egter ’n beter bemarkingsmoontlikheid van die kompetisie, want al die spanne sou dan mededingend gewees het. Die tweemalige wêreldkampioen Wes-Indië kon vir die eerste keer nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie, vervolgens het vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis geen span van die Amerikas deelgeneem nie.

Die Krieketwêreldbeker 2023 was die eerste sedert die 1992-toernooi waartydens elk van die spanne ten minste een oorwinning in die groepfase kon aanteken. Altesaam het 1 250 307 toeskouers die 48 wedstryde bygewoon, die meeste in dié tyd tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi.

Toewysing Tydens ’n spesiale vergadering van die Internasionale Krieketraad in Junie 2013 in Londen is die Krieketwêreldbeker 2023 aan Indië toegewys.

Deelnemers Kwalifisering duimnael|Grafiek van die kwalifiseringsproses vir die Krieketwêreldbeker 2023 Soos tydens die Krieketwêreldbeker 2019 kon tien krieketspanne aan die Krieketwêreldbeker 2023 deelneem. Die hoofroete tot kwalifisering was die nuwe Superliga, wat die EDI-kampioenskap vervang het. Aan die Superliga, wat tussen Julie 2020 en Mei 2023 beslis is, het die twaalf toetslande (insluitende die gasheer Indië) en Nederland deelgeneem.

Die gasheer Indië en die sewe beste spanne van die dertien deelnemers in die Superliga het regstreeks vir die hooftoernooi gekwalifiseer. Die vyf spanne van die Superliga, wat nie daarin kon slaag om regstreeks vir die toernooi te kwalifiseer nie, het aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 deelgeneem, waarna twee spanne na die hooftoernooi deurgedring het.

Aan die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2023 het, naas die vyf onderste spanne van die Superliga, ook die drie beste spanne van die vir die eerste keer besliste Krieketwêreldbekerliga 2 2019–2022 (gehou tussen Augustus 2019 en Maart 2023) deelgeneem. Die oorblywende twee plekke vir die kwalifisering is deur ’n uitspeeltoernooi tussen die Krieketwêreldbekerliga 2 se niekwalifiserende spanne en die Krieketwêreldbekeruitdagingsliga 2019–2021 se twee beste spanne bepaal. Aan die Krieketwêreldbekerliga het die oorblywende sewe lande met ’n tydelike EDI-status deelgeneem (Nederland het aan die Superliga deelgeneem).

32 nasionale krieketspanne het om die twee oorblywende plekke by die Krieketwêreldbeker 2023 meegeding, waarvan die finale tien aan die uiteindelike kwalifiserende rondte in Zimbabwe deelgeneem het. Sri Lanka het die eerste kwalifiserende span geword nadat hulle Zimbabwe met nege paaltjies geklop het. Nadat Skotland Wes-Indië met sewe paaltjies verslaan het, kon die tweemalige wêreldkampioen vir die eerste keer nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi kwalifiseer nie. Nadat Skotland ook Zimbabwe met 31 lopies verslaan het, het Zimbabwe sy tweede agtereenvolgende krieketwêreldbekertoernooi misgeloop. Vir die eerste keer kon drie lande met toetskrieketstatus – Ierland, Wes-Indië en Zimbabwe – nie vir ’n krieketwêreldbeker kwalifiseer nie, terwyl twee assosiaatlede – Nederland en Skotland – daarin kon slaag om dié drie volle lede in die kwalifisering verby te steek en die laaste plek onder mekaar beslis het. Nederland het die laaste en tiende plek bespreek nadat hulle Skotland met vier paaltjies verslaan het.

Nadat die Raad vir Beheer van Krieket in Indië geweier het om ’n span vir die Asiatiese Beker 2023 na Pakistan te stuur, het die Pakistanse Krieketraad gedreig om die Krieketwêreldbeker 2023 in Indië te boikot. In Junie 2023 is dié geskil opgelos met die Asiatiese Krieketraad se aangekondig om die Asiatiese Bekertoernooi volgens ’n hibriede model, soos voorgestel deur die Pakistanse beheerliggaam, te hou, waarvolgens nege van die 13 wedstryde in Sri Lanka gehou is.

Kwalifiserende spanne Die volgende tien spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2023 gekwalifiseer. Nederland, wat Wes-Indië vervang het, is die enigste verandering in die tien-span-lys van die Krieketwêreldbeker 2019. Dit was die eerste toernooi wat Wes-Indië misgeloop het.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 32 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheer13de2019Kampioen (1983, 2011)IKR Superliga 2020–2023Derde2019Groepfase (2015, 2019)13de2019Kampioen (1987, 1999, 2003, 2007, 2015)Sewende2019Kwarteindrondte (2015)13de2019Kampioen (2019)13de2019Naaswenner (2015, 2019)13de2019Kampioen (1992)Negende2019Halfeindrondte (1992, 1999, 2007, 2015)KrieketwêreldbekerkwalifiseringVyfde2011Groepfase (1996, 2003, 2007, 2011)13de2019Kampioen (1996)

Stadions Op 21 Maart 2023 het die Raad vir Beheer van Krieket in Indië twaalf Indiese stadions op die kortlys vir die Krieketwêreldbeker 2023 geplaas. Op 27 Junie 2023 het die Internasionale Krieketraad die wedstrydskedule aangekondig, waarby Indore, Guwahati en Rajkot van die lys verwyder is, terwyl Pune bygevoeg is. Die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad met ’n kapasiteit van 132 000 het vir die eerste keer ’n krieketwêreldbekereindstryd huisves. Die twee halfeindstryde is onderskeidelik op Wankhedestadion in Mumbai en Eden Gardens in Kolkata gespeel, terwyl die eindstryd op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad beslis is.

Die BCCI het befondsing verskaf vir opknappings by stadions. Die Himachal Pradesh-krieketverenigingstadion is voorsien van ’n nuwe grasoppvervlak, dreineringsstelsel, sitplekke en gasvryheidskassies. Die Wankhedestadion se buiteveld, spreiligte, korporatiewe bokse en toilette is opgeknap. Die M. A. Chidambaram-stadion het nuwe spreiligte geïnstalleer en twee paaltjies herlê.

Aangesien die Krieketwêreldbeker 2023 gedurende herfs beslis is, het die IKR protokolle ingestel om die impak van vog — insluitende dou en reën — op bladtoestande te verminder, sodat die span wat tweede gekolf het nie bevoordeel is nie (soos onlangs gebeur tydens die T20I-wêreldbeker 2021). Dit het ingesluit die gebruik van ’n spesifieke benattingsmiddel, en die grenslyn was sowat 70 m van die blad af, met meer gras daarop wat naatboulwerk bo draaiboulwerk bevoordeel het.

Ahmedabad Bangalore Chennai Nieu-Delhi Narendra Modi-stadion M. Chinnaswamy-stadion M. A. Chidambaram-stadion Feroz Shah Kotla Ground Kapasiteit: 132 000 Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 38 000 Kapasiteit: 55 000 200px 200px 200px 200px Dharamshala HPCA-stadion Kapasiteit: 23 000 200px Hyderabad Rajiv Gandhi-stadion Kapasiteit: 39 200 200px Kolkata Lucknow Mumbai Pune Eden Gardens BRSABV Ekana-krieketstadion Wankhedestadion MCA-stadion Kapasiteit: 68 000 Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 33 000 Kapasiteit: 37 000 200px 200px 200px 200px

Formaat Die Krieketwêreldbeker 2023 is oor 46 dae tussen tien verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 5 Oktober 2023 op die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad met die openingswedstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland begin. Die toernooi het geëindig op 19 November met die eindstryd tussen Australië en Indië op dieselfde stadion, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik, maar destyds het nege in plaas van tien nasionale krieketspanne deelgeneem; dieselfde formaat is tydens die Krieketwêreldbeker 2019 gebruik, insluitende dieselfde aantal deelnemende lande (tien).

Kalender Die Internasionale Krieketraad het die wedstrydskedule op 27 Junie 2023, presies 100 dae voor dié toernooi se begin, bekendgestel. Op 9 Augustus 2023 is nege wedstryde, insluitende dié tussen Indië en Pakistan, deur die IKR herskeduleer. Die openingseremonie sou op 4 Oktober in die Narendra Modi-stadion in Ahmedabad gehou word, maar dit is deur die reëlingskomitee met ’n perskonferensie met die tien spankapteins vervang. Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2023 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseOktober/NovemberDo5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28So29Ma30Di31Wo1Do2Vr3Sa4So5Ma6Di7Wo8Do9Vr10Sa11So12Groepfase | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1