’n Hoof- uitvoerende beampte (HUB)Ook geskryf hoof uitvoerende beampte (sonder koppelteken). Cf. Nuwerwetse Politieke Woordeboek. is die posisie van die mees senior korporatiewe beampte, bestuurder, leier of administrateur in beheer van die bestuur van ’n organisasie. HUB’s lei ’n verskeidenheid van organisasies, insluitend die openbare en private korporasies, nie-winsgewende organisasies en selfs ’n paar regeringsorganisasies (bv. Kroonkorporasies). Die HUB van ’n korporasie of maatskappy rapporteer gewoonlik aan die raad van direkteure en is belas om die waarde van die entiteit te maksimeer, wat kan insluit die maksimalisering van die aandeelprys, markaandeel, inkomste of ’n ander element. In die nie-winsgewende- en die regeringsektor, is HUB’s tipies gerig op die bereiking van uitkomste wat verband hou met die organisasie se missie, soos die vermindering van armoede, die verhoging van geletterdheid, ens. Die HUB, as hoof- uitvoerende beampte, kan ook as president, uitvoerende hoof (UH), en besturende direkteur (BD), asook die verteenwoordiger direkteur (VD) in Japan bekend staan.

Verwysings

Verdere leesstof Huang, Jiekun, and Darren J. Kisgen. "Gender and corporate finance: Are male executives overconfident relative to female executives?." Journal of Financial Economics 108#3 (2013): 822-839. online Kaplan, Steven N., Mark M. Klebanov, and Morten Sorensen. "Which CEO characteristics and abilities matter?." Journal of Finance 67#3 (2012): 973-1007. online Shleifer, Andrei, and Robert W. Vishny. "A survey of corporate governance." Journal of Finance 52#2 (1997): 737-783. Vancil, Richard F. Passing the baton: Managing the process of CEO succession (Harvard Business School Press, 1987).

Eksterne skakels

U.S. Bureau of Labor Statistics - Top Executives: Description and Outlook

Kategorie:Bestuur Kategorie:Besigheid