Die Krieketwêreldbeker 2019 (Engels: 2019 Cricket World Cup) is van 30 Mei tot 14 Julie 2019 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die twaalfde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die vyfde in Engeland. Dié land het voorheen die toernooie van 1975, 1979, 1983 en 1999 gehuisves, meer as enige ander land.
duimnael|links|upright|Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Tien nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2019 deelgeneem: Die gasheer Engeland, die sewe beste spanne van die IKR EDI-kampioenskap (Australië, Bangladesj, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika), saam met die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2018 (Afghanistan en Wes-Indië).
Tydens die Krieketwêreldbeker 2019 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 45 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die toernooi het op 30 Mei met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Suid-Afrika op die Londense The Oval begin. Al die spanne het in een groep gespeel en 45 wedstryde is gespeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die eindstryd is op 14 Julie op Lord’s in Londen gehou. ’n Soortgelyke formaat is voorheen in die 1992-toernooi in Australië en Nieu-Seeland en ook in die daaropvolgende 2023-toernooi in Indië gebruik.
Australië, Engeland, Indië en Nieu-Seeland het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Nieu-Seeland het Indië geklop en Engeland vir die verdedigende kampioen Australië, voordat die gasheer Engeland die eindstryd op Lord’s in Londen teen die 2015-naaswenner Nieu-Seeland gewen het deur meer grenshoue in die beslissende Superboulbeurt aan te teken en sodoende hul eerste titel ingepalm het. Dit is die eerste keer sedert die 1992-toernooi dat twee spanne mekaar in die eindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Engeland het ná Indië in 2011 en Australië in 2015 die derde agtereenvolgende gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Daarbenewens is dit ná sokker in 1966 en rugby in 2003 die derde wêreldbekertrofee in een van Engeland se gewildste sportsoorte wat die onderskeidelike nasionale span ingepalm het. Lord’s het vir die vyfde keer ’n krieketwêreldbekereindstryd gehuisves, meer as enige ander krieketveld. Suid-Afrika kon vir die eerste keer sedert die 2003-toernooi – wat onder andere in Suid-Afrika aangebied is – nie tot die uitklopfase deurdring nie.
Die Internasionale Krieketraad het voor die Krieketwêreldbeker 2015 aangekondig dat slegs tien van die vernaamste krieketlande aan die volgende toernooie van 2019 en 2023 sal kan deelneem. Dit het groot kritiek uitgelok, omdat veral die assosiaatlede van die IKR gevrees het dat die afstand in kwaliteit tussen hulle en die voorste toetskrieketlande groter sou word. Die IKR se redenasie vir hierdie stap is egter ’n beter bemarkingsmoontlikheid van die kompetisie, want al die spanne sou dan mededingend wees. Buitendien het die opgradering van Afghanistan en Irland tot toetslande beteken dat vir die eerste keer volle lede van die IKR nie aan ’n krieketwêreldbekertoernooi kon deelneem nie. Zimbabwe het vir die eerste keer sedert 1979 nie vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer nie. Vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis was die helfte van die deelnemende spanne uit Suid-Asië. Van al die ander vastelande (Afrika, Amerikas, Australië, Europa en Oseanië) het slegs een span elk deelgeneem.
Met sowat 1,6 miljard televisiekykers wêreldwyd was die Krieketwêreldbeker 2019 die destyds mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi. Die wedstryd tussen die aartsvyande Indië en Pakistan op 16 Junie 2019 te Old Trafford in Manchester het sowat een miljard televisiekykers gelok. Altesaam het 752 000 toeskouers die 48 wedstryde bygewoon, die derde meeste tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi net ná die 2023-toernooi en die 2015-toernooi.
Toewysing Op 30 April 2006 het die IKR die drie krieketwêreldbekertoernooie van 2011, 2015 en 2019 toegewys. Die gemeenskaplike bod van Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka vir die Krieketwêreldbeker 2011 is met tien teenoor drie stemme bo Australië en Nieu-Seeland s’n verkies. Vervolgens is die Krieketwêreldbeker 2015 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys, nadat Engeland slegs vir die Krieketwêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.
Die Krieketwêreldbeker 2019 het tot die Verenigde Koninkryk se “Dekade van Sport” met groot sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 2012 en Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen, Statebondspele 2014 in Glasgow, Rugbywêreldbeker 2015 in Engeland en FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 (wat egter aan Rusland toegewys is) behoort.
Deelnemers Kwalifisering Tien krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2019 deelgeneem, ’n afname teenoor die Krieketwêreldbeker 2011 en 2015 se 14. Die gasheer Engeland en die beste sewe spanne op die IKR se EDI-ranglys, soos op 30 September 2017, het regstreeks vir die krieketwêreldbeker gekwalifiseer. Australië, Bangladesj, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Suid-Afrika het gevolglik regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2019 gekwalifiseer.
Beide Afghanistan en Ierland is op 22 Junie 2017 toetskrieketstatus deur die IKR toegeken, maar hulle moes as gevolg van die kwalifiseringsproses nog steeds aan die kwalifisering vir die Krieketwêreldbeker 2019 deelneem. As gevolg van sy lae posisie op die IKR se EDI-ranglys moes Wes-Indië egter ook vir die Krieketwêreldbeker 2019 kwalifiseer en kon tydens die IKR EDI-kampioenskap wel daarin slaag.
83 nasionale krieketspanne het om die twee oorblywende plekke by die Krieketwêreldbeker 2019 meegeding, waarvan die finale tien aan die uiteindelike kwalifiserende rondte in Zimbabwe deelgeneem het. Wes-Indië het die eerste kwalifiserende span geword nadat hulle Skotland met vyf lopies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-metode geklop het. Afghanistan het by Wes-Indië aangesluit nadat hulle Ierland in met vyf paaltjies verslaan en sodoende beide Ierland en Zimbabwe uitgeskakel het. Vir Zimbabwe was dit die eerste Krieketwêreldbeker sedert 1983 wat hulle misgeloop het. Vervolgens kon twee spanne met toetskrieketstatus – Ierland en Zimbabwe – vir die eerste keer nie vir ’n krieketwêreldbeker kwalifiseer nie. Daarbenewens was die Krieketwêreldbeker 2019 die eerste toernooi sonder assosiaatlede.
Kwalifiserende spanne Die volgende tien spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2019 gekwalifiseer. Al die deelnemende spanne het ook aan die vorige Krieketwêreldbeker 2015 deelgeneem, vervolgens was daar geen debutante nie.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 24 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGasheerTwaalfde2015Naaswennner (1979, 1987, 1992)IKR EDI-kampioenskapTwaalfde2015Kampioen (1987, 1999, 2003, 2007, 2015)Sesde2015Kwarteindrondte (2015)Twaalfde2015Kampioen (1983, 2011)Twaalfde2015Naaswenner (2015)Twaalfde2015Kampioen (1992)Twaalfde2015Kampioen (1996)Agste2015Halfeindrondte (1992, 1999, 2007, 2015)KrieketwêreldbekerkwalifiseringTweede2015Groepfase (2015)Twaalfde2015Kampioen (1975, 1979)
Stadions duimnael|Anders as oorspronklik beplan kon die Londense Olimpiese Stadion tydens die Krieketwêreldbeker 2019 nie gebruik word nie Die Engelse beheerliggaam ECB het in sy 2014-beplanning vir die toernooi elf stadions gelys. Daarbenewens het hulle beplan om die Londen-stadion vir enkele wedstryde te gebruik, indien die wêreldbeheerliggam sou instem. Die IKR het in Jannuarie 2017 ingestem, ’n finale besluit, wat in Julie 2017 moes plaasvind, is egter verder vertraag. Tydens die bevestiging van die skedule op 25 April 2018 is ook aangekondig, dat die ECB weens onsekerhede (die eerste gebruik van inloopkolfblaaie in Engeland, veranderinge van spreilighoeke, hoë koste vir die omskepping van die buiteveld, insolasiehoek) van wedstryde op die Londen-stadion afstand gedoen het. Hieronder die stadions soos op 26 April 2018 deur die Internasionale Krieketraad bekendgestel. Engeland het 44 wedstryde op tien verskeie plekke gehuisves, terwyl Wallis vier wedstryde op een plek aangebied het.
Birmingham, Wes-Midlands Bristol, City of Bristol Cardiff, Wallis Chester-le-Street, Durham Edgbaston Bristol-krieketveld Sophia Gardens Riverside Ground Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 17 500 Kapasiteit: 15 643 Kapasiteit: 17 000 150px 150px 150px 150px Leeds, Wes-Yorkshire Londen, Groter Londen Headingley Lord’s The Oval Kapasiteit: 18 350 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 24 500 150px 150px 150px Manchester, Groter Manchester Nottingham, Nottinghamshire Southampton, Hampshire Taunton, Somerset Old Trafford Trent Bridge Rose Bowl County Ground Kapasiteit: 26 000 Kapasiteit: 17 500 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 12 500 150px 150px 150px 150px
Formaat Die Krieketwêreldbeker 2019 is oor 47 dae tussen tien verskillende spanne oor 46 wedstryde beslis. Dit het op 30 Mei 2019 op The Oval in Londen met die openingswedstryd tussen die gasheer Engeland en Suid-Afrika begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 14 Julie met die eindstryd tussen Engeland en Nieu-Seeland, waartydens die gasheer die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen in die Krieketwêreldbeker 1992 gebruik, maar destyds het nege in plaas van tien nasionale krieketspanne deelgeneem.
Kalender Die Internasionale Krieketraad het die wedstrydskedule op 26 April 2018 bekendgestel. Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2019 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseMei/Junie/JulieWo29Do30Vr31Sa1So2Ma3Di4Wo5Do6Vr7Sa8So9Ma10Di11Wo12Do13Vr14Sa15So16Ma17Di18Wo19Do20Vr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So30Ma1Di2Wo3Do4Vr5Sa6Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groepfase | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJulieSo7Ma8Di9Wo10Do11Vr12Sa13So14Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
|colspan="2" bgcolor=#00cc33 | 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1
Verklaring
Groepfase Die Krieketwêreldbeker 2019 is deur tien nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die tien deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span nege wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase