Die Krieketwêreldbeker 2015 (Engels: 2015 Cricket World Cup) is van 14 Februarie tot 29 Maart 2015 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die elfde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die tweede in Oseanië. Albei gashere het ook die Krieketwêreldbeker 1992 saam gehuisves.
duimnael|links|upright|Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2011 het onveranderd gebly en 14 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2015 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die twee beste spanne van die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–13 (Afghanistan en Ierland), asook die twee beste spanne van die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 (Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate). Afghanistan het vir die eerste keer vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer, waardeur vir die eerste keer ses spanne uit Asië deelgeneem het.
Tydens die Krieketwêreldbeker 2015 is 49 wedstryde gespeel, waaronder 42 tydens die groepfase, en sewe in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die vier beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.
Australië het die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Nieu-Seeland met sewe paaltjies gewen en sodoende sy vyfde titel ingepalm. Australië het ná Indië in 2011 die tweede agtereenvolgende gasheer geword wat die krieketwêreldbekertoernooi tuis gewen het. Daarbenewens was dit die eerste eindstryd in dié toernooi se geskiedenis wat twee Oseaniese spanne – en van die Suidelike Halfrond – gesien het. Melbourne-krieketveld het ná Lord’s in Londen die tweede krieketstadion geword wat die krieketwêreldbekereindstryd vir meer as een keer – ná die 1992-toernooi – gehuisves het. Die verdedigende kampioen Indië en Suid-Afrika was die ander twee semi-finaliste.
Met sowat 1,5 miljard televisiekykers wêreldwyd was die Krieketwêreldbeker 2015 die destyds mees gesiene krieketwêreldbekertoernooi. Die wedstryd tussen die aartsvyande Indië en Pakistan op 15 Februarie 2015 te Adelaide-ovaal in Adelaide het sowat een miljard televisiekykers gelok. Altesaam het 1 016 420 toeskouers die 49 wedstryde bygewoon, die naasmeeste tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi net ná die 2023-toernooi en voor die 2019-toernooi.
Toewysing Op 30 April 2006 het die Internasionale Krieketraad die drie krieketwêreldbekertoernooie van 2011, 2015 en 2019 toegewys. Die gemeenskaplike bod van Bangladesj, Indië, Pakistan en Sri Lanka vir die Krieketwêreldbeker 2011 is met tien teenoor drie stemme bo Australië en Nieu-Seeland s’n verkies. Vervolgens is die Krieketwêreldbeker 2015 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys, nadat Engeland slegs vir die Krieketwêreldbeker 2019 aansoek gedoen het.
Deelnemers duimnael|Suid-Afrikaanse ondersteuners tydens die Krieketwêreldbeker 2015 Die volgende 14 spanne het vir die Krieketwêreldbeker in 2015 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2015 gekwalifiseer. Afghanistan en Ierland het tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–13 gekwalifiseer, Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014. Afghanistan het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, waardeur vir die eerste keer ses spanne uit Asië verskyn het.
Saam met die tien deelnemende toetslande sou oorspronklik vier verdere deelnemende spanne tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap in 2009–14 en die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2013 kwalifiseer. Dié toernooie is egter gekanselleer, nadat die IKR besluit het om slegs die tien toetslande te laat deelneem. As gevolg van die assosiaatlede se protes het die IKR in Junie 2011 sy besluit laat vaar en weer kwalifisering vir vier bykomende lande toegelaat. Saam met die destydse tien toetslande het dus vier bykomende lande deelgeneem. Twee spanne het tydens die Wêreldkrieketligakampioenskap 2011–2013 en nog twee spanne tydens die Krieketwêreldbekerkwalifisering 2014 in Nieu-Seeland gekwalifiseer.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 24 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieRangGroepGashereElfde2011Kampioen (1987, 1999, 2003, 2007)4AElfde2011Halfeindrondte (1975, 1979, 1992, 1999, 2007, 2011)9AVolle ledeVyfde2011Super Agt (2007)8AElfde2011Naaswenner (1979, 1987, 1992)1AElfde2011Kampioen (1983, 2011)3BElfde2011Kampioen (1992)6BElfde2011Kampioen (1996)5ASewende2011Halfeindrondte (1992, 1999, 2007)2BElfde2011Kampioen (1975, 1979)7BNegende2011Super Ses (1999, 2003)10BWêreldkrieketligakampioenskapEerste–Debuut12ADerde2011Super Agt (2007)11BKrieketwêreldbekerkwalifiseringDerde2007Groepfase (1999, 2007)13ATweede1996Groepfase (1996)14B
Stadions Australië het 26 wedstryde op sewe verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 23 wedstryde op sewe plekke aangebied het.
Sydney, Nieu-Suid-Wallis Melbourne, Victoria Adelaide, Suid-Australië Brisbane, Queensland Perth, Wes-Australië Sydney-krieketveld Melbourne-krieketveld Adelaide-ovaal The Gabba WACA-krieketveld Kapasiteit: 48 000 (opgeknap) Kapasiteit: 100 024 Kapasiteit: 53 500 (opgeknap) Kapasiteit: 42 000 Kapasiteit: 24 500 150px 150px 150px 150px 150px Hobart, Tasmanië Canberra, Australiese Hoofstadgebied Bellerive-ovaal Manuka-ovaal Kapasiteit: 20 000 (opgeknap) Kapasiteit: 13 550 150px 150px Auckland, Noordeiland Christchurch, Suideiland Edenpark Hagley-ovaal Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 20 000 150px 150px Hamilton, Noordeiland Napier, Noordeiland Wellington, Noordeiland Nelson, Suideiland Dunedin, Suideiland Seddonpark McLeanpark Wellington Plaaslike Stadion Saxton-ovaal Universiteit van Otago-ovaal Kapasiteit: 12 000 Kapasiteit: 22 500 Kapasiteit: 37 000 Kapasiteit: 5 000 Kapasiteit: 6 000 150px 150px 150px 150px 150pxBron: (korrek, behalwe vir opgegradeerde stadions, wat oor hul eie bronne beskik)
Formaat Die Krieketwêreldbeker 2015 is oor 45 dae tussen 14 verskillende spanne oor 49 wedstryde beslis. Dit het op 14 Februarie 2015 op Hagley-ovaal in Christchurch, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Nieu-Seeland en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 29 Maart met die eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee ingepalm het. ’n Soortgelyke formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1996 gebruik, maar destyds het twaalf in plaas van 14 nasionale krieketspanne deelgeneem; dieselfde formaat is tydens die Krieketwêreldbeker 2011 gebruik, insluitende dieselfde aantal deelnemende lande (14).
Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2015 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseFebruarie/MaartDo12Vr13Sa14So15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28So1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Seremonies | bgcolor=#d6325b|
|Groep A
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 |Groep B
| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseMaartMa16Di17Wo18Do19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Do26Vr27Sa28So29Seremonies
| bgcolor=#d6325b|Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1
| bgcolor=#ffcc00| 1
Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Elke land het ’n voorlopige span van 30 spelers gekies, wat dan tot 15 verminder is. Elke land moes teen 7 Januarie 2015 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê.
Groepfase Die Krieketwêreldbeker 2015 is deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 2011 gebruik is; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit sewe wedstryde bestaan het: vier kwarteindstryde, twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span van albei groepe het teen die vierde span van die ander groep en die tweede span het teen die derde span van die ander groep in die kwarteindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd deur ’n Superboulbeurt beslis.
Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 20 skeidsregters en vyf wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.
Skeidsregters Steve Davis (Australië) Simon Fry (Australië) Bruce Oxenford (Australië) Paul Reiffel (Australië) Rod Tucker (Australië) Ian Gould (Engeland) Richard Illingworth (Engeland) Richard Kettleborough (Engeland) Nigel Llong (Engeland) Michael Gough (Engeland) Sundaram Ravi (Indië) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Chris Gaffaney (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Kumar Dharmasena (Sri Lanka) Ranmore Martinesz (Sri Lanka) Ruchira Palliyaguruge (Sri Lanka) Johan Cloete (Suid-Afrika) Marais Erasmus (Suid-Afrika) Joel Wilson (Wes-Indië)
Wedstrydbeamptes David Boon (Australië) Chris Broad (Engeland) Jeff Crowe (Nieu-Seeland) Ranjan Madugalle (Sri Lanka) Roshan Mahanama (Sri Lanka)
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase 14 spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A duimnael|Wedstryd tussen Australië en Engeland op die Melbourne-krieketveld Span66000+2.5641264110+2.257964200+0.371863210+0.136762400–0.753461500–1.853260600–2.2180
Groep B duimnael|Wedstryd tussen Indië en Suid-Afrika op die Melbourne-krieketveld Span66000+1.8271264200+1.707864200–0.085863300–0.053663300–0.933661500–0.527260600–2.0320
Uitklopfase duimnael|Eindstryd tussen Australië en Nieu-Seeland op die Melbourne-krieketveld