Die Krieketwêreldbeker 2003 (Engels: 2003 Cricket World Cup; Swahili: Kombe la Dunia la Kriketi wa 2003) is van 9 Februarie tot 23 Maart 2003 in Suid-Afrika, Zimbabwe en Kenia beslis. Dit was die agtste krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in Afrika. Ná die Rugbywêreldbeker 1995 was dit die tweede wêreldbekertoernooi in een van Suid-Afrika se gewildste sportsoorte; later het dié land ook die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2010 aangebied. Beide Kenia en Zimbabwe het vir die eerste keer ’n wêreldbekertoernooi aangebied. Suid-Afrika sou vier jaar later ook die T20I-wêreldbeker 2007 en daarna die Kampioenetrofee 2009 aanbied, waarmee dit as die eerste land al drie vername kriekettoernooie gehuisves het.

duimnael|links|upright|Die Krieketwêreldbekertrofee waarom meegeding is 14 nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 2003 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe), saam met die vier beste spanne van die IKK-trofee 2001 (Kanada, Kenia, Namibië en Nederland). Namibië het vir die eerste keer vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer, waardeur vir die eerste keer vier Afrikaspanne aan ’n internationale kriekettoernooi deelgeneem het.

Tydens die Krieketwêreldbeker 2003 is 54 wedstryde gespeel, waaronder 42 tydens die groepfase, nege in die Super Ses, en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van sewe elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die drie beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Ses gekwalifiseer, waarvandaan die vier beste spanne vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners mekaar in die eindstryd ontmoet het. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan.

Die toernooi het talle ontwrigtings ondervind, soos die uitskakeling van Suid-Afrika, Pakistan, Wes-Indië en Engeland in die groepfase (Suid-Afrika het met slegs een lopie verloor nadat hulle die Duckworth-Lewis-metode misgelees het). Engeland het die wedstryd teen Zimbabwe weens die politieke onrus in dié land verbeur, waardeur Zimbabwe eindelik vir die Super Ses gekwalifiseer het. Net só het Nieu-Seeland sy wedstryd teen Kenia om sekuriteitsredes verbeur, waardeur Kenia as die eerste assosiaatlid in dié tyd die halfeindrondte gehaal het. Daarbenewens was Kenia ná Suid-Afrika die tweede Afrikaspan wat in ’n uitklopwedstryd verskyn het. Nog ’n skokgolf het twee dae ná die toernooi se begin gevolg, toe Shane Warne, destyds een van die spel se voorste draaiers, in skande huis toe gestuur is ná ’n positiewe toets vir ’n verbode middel. Tydens die eerste wedstryd teen Namibië het beide die Zimbabwiese speler Andy Flower en die snelbouler Henry Olonga swart armbande in “rou oor die dood van demokrasie” in Zimbabwe gedra. Albei spelers is onmiddellik uit die span geskors en het oorsee om politieke asiel gevra. Hierdie openbare politieke protes het ’n aansienlike verleentheid met die medegashere veroorsaak en ook die spanharmonie ontwrig.

Australië, Indië, Kenia en Sri Lanka het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Sri Lanka geklop en Indië vir Kenia, voordat die verdedigende kampioen Australië die eindstryd op Wanderers in Johannesburg teen Indië met 125 lopies gewen en sodoende sy derde titel ingepalm het, die eerste land wat daarin kon slaag. Hulle het tydens die toernooi al hul elf wedstryde gewen.

Die Pakistanse speler Shoaib Akhtar het tydens die toernooi ’n wêreldrekord opgestel en die vinnigste bouler in die krieketgeskiedenis geword, toe hy in ’n groepwedstryd teen Engeland ’n aflewering met 161,3 km/h gestuur het. Rudie van Vuuren, wat vir Namibië gespeel het, het later met dié land se nasionale rugbyspan ook aan die Rugbywêreldbeker 2003 in Australië deelgeneem, waardeur hy die eerste sportlui geword het wat in dieselfde jaar in twee verskillende sportkodes aan wêreldbekertoernooie deelgeneem het.

Toewysing duimnael|Die Kaapstadse Burgersentrum adverteer vir die Krieketwêreldbeker 2003 Die Krieketwêreldbeker 2003 is deur die IKR toegewys aan Suid-Afrika. Van die medegashere was Kenia en Zimbabwe. Terwyl die toetskrieketlande Suid-Afrika en Zimbabwe regstreeks vir die toernooi gekwalifiseer het, moes Kenia tydens die IKR-trofee 2001 vir die toernooi kwalifiseer. Saam met die T20I-wêreldbeker 2007 en die Kampioenetrofee 2009 was dit een van drie groot kriekettoernooie wat in die 2000’s in Suid-Afrika aangebied is.

Deelnemers Die volgende 14 spanne het vir die Krieketwêreldbeker 2003 gekwalifiseer: Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika (medegasheer), Wes-Indië en Zimbabwe (medegasheer) het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 2003 gekwalifiseer. Kanada, Kenia, Namibië en Nederland was spanne sonder toetsstatus en het tydens die IKR-trofee 2001 gekwalifiseer. Namibië het vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, waarmee dit die eerste internationale kriekettoernooi met vier Afrikaspanne was.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 38 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGashereVierde1999Halfeindrondte (1992, 1999)BSesde1999Super Ses (1999)AVolle ledeAgtste1999Kampioen (1987, 1999)ATweede1999GroepfaseBAgtste1999Naaswenner (1979, 1987, 1992)AAgtste1999Kampioen (1983)AAgtste1999Halfeindrondte (1975, 1979, 1992, 1999)BAgtste1999Kampioen (1992)AAgtste1999Kampioen (1996)BAgtste1999Kampioen (1975, 1979)BIKR-trofee 2001Tweede1979Groepfase (1979)BDerde1999Groepfase (1996, 1999)BEerste–DebuutATweede1996Groepfase (1996)B

Stadions Suid-Afrika het 46 wedstryde op twaalf verskeie plekke gehuisves, terwyl Kenia twee wedstryde op een plek en Zimbabwe ses wedstryde op twee plekke aangebied het. In stadions buite Suid-Afrika was enkele wedstryde van die groepfase met die betrokke tuisspan beplan. Van Zimbabwe se Groep A-wedstryde is tuis gespeel en Kenia het twee van sy ses Groep B-wedstryde tuis gespeel. Daarmee het Kenia ná Skotland in 1999 die tweede assosiaatlid geword wat wedstryde tydens ’n krieketwêreldbekertoernooi aangebied het. Die Engelse nasionale krieketspan het egter die wedstryd in Harare en die Nieu-Seelandse nasionale krieketspan die wedstryd in Nairobi om beweerde veiligheidsrisiko’s verbeur.

Johannesburg, Gauteng Durban, KwaZulu-Natal Kaapstad, Wes-Kaap Centurion, Gauteng Bloemfontein, Vrystaat Wanderersstadion Saharastadion Kingsmead Nuweland-krieketveld Centurionpark Goodyear-park Kapasiteit: 34 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 23 000 Kapasiteit: 20 000 200px 200px 200px 200px Benoni, Gauteng Port Elizabeth, Oos-Kaap Potchefstroom, Noordwes Oos-Londen, Oos-Kaap Kimberley, Noord-Kaap Willowmoore-park St. Georgespark Noordwes-krieketstadion Buffalopark De Beers Diamond-ovaal Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 43 472 Kapasiteit: 43 713 Kapasiteit: 43 319 Kapasiteit: 41 685 200px Paarl, Wes-Kaap Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal Harare Bulawayo Nairobi Bolandpark Pietermaritzburg-ovaal Harare Sportklub Queens Sportklub Gymkhana Klubveld Kapasiteit: 33 061 Kapasiteit: 33 973 Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 9 000 Kapasiteit: 8 000 200px 200px 200px

Formaat Die Krieketwêreldbeker 2003 is oor 44 dae tussen 14 verskillende spanne oor 54 wedstryde beslis. Dit het op 9 Februarie 2003 op Nuweland in Kaapstad met die openingswedstryd tussen die medegasheer Suid-Afrika en Wes-Indië begin. Die toernooi het geëindig op Wanderers in Johannesburg op 23 Maart met die eindstryd tussen Australië en Indië, waartydens Australië die Krieketwêreldbekertrofee verdedig het.

Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 2003 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op beide die openings- en sluitingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n siaan blokkie op die Super Ses, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseFebruarie/MaartSa8So9Ma10Di11Wo12Do13Vr14Sa15So16Ma17Di18Wo19Do20Vr21Sa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa1So2Ma3Di4Seremonies | bgcolor=#d6325b |

|Groep A

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2

| bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 Groep B | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1Super SesMaartWo5Do6Vr7Sa8So9Ma10Di11Wo12Do13Vr14Sa15So16Ma17Super Ses

| bgcolor=#7DF9FF| 2 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 1 | | bgcolor=#7DF9FF| 1 | bgcolor=#7DF9FF| 2 | |UitklopfaseMaartDi18Wo19Do20Vr21Sa22So23Seremonies

| bgcolor=#d6325b | Uitklopfase | bgcolor=#00cc33| 1 | | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Elke land moes teen 31 Desember 2002 ’n finale lys van 15 spelers vir die toernooi aan die Internasionale Krieketraad voorlê. ’n Beseerde speler kon enige tyd tot aan die einde van die toernooi vervang word.

Groepfase en Super Ses Die Krieketwêreldbeker 2003 is deur 14 nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die 14 deelnemende spanne in twee groepe van sewe elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die drie beste spanne van albei groepe het na die Super Ses deurgedring.

In die Super Ses-rondte het elke span teen die spanne gespeel, waarteen in die groepfase geen wedstryde gespeel is nie. Spanne wat alreeds in die groepfase ontmoet het, het nie teen mekaar gespeel nie en die punte van dié wedstryde is na die Super Ses-rondte se tabel oorgedra. Die kwalifisering was gegrond op dieselfde kriterias as in die groepfase.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die Super Ses het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van 19 skeidsregters en vyf wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Darrell Hair (Australië) Daryl Harper (Australië) Simon Taufel (Australië) Neil Mallender (Engeland) David Shepherd (Engeland) Peter Willey (Engeland) Srinivasaraghavan Venkataraghavan (Indië) Arani Jayaprakash (Indië) Billy Bowden (Nieu-Seeland) Aleem Dar (Pakistan) Nadeem Ghauri (Pakistan) Asoka de Silva (Sri Lanka) Tyron Wijewardene (Sri Lanka)