Die Krieketwêreldbeker 1992 (Engels: 1992 Cricket World Cup) is van 22 Februarie tot 25 Maart 1992 in Australië en Nieu-Seeland beslis. Dit was die vyfde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied word en die eerste in die Suidelike Halfrond. Anders as die gewone interval van vier jaar is dit by uitsteek vyf jaar ná die vorige Krieketwêreldbeker 1987 aangebied. Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur die sigarethandelsmerk Benson & Hedges geborg en staan dus amptelik bekend as die Benson & Hedges Wêreldbeker 1992.

duimnael|links|upright|Die Benson & Hedges Wêreldbeker vir die Krieketwêreldbeker 1992 Nege nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1992 deelgeneem: Die destydse agt toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1990-wenner Zimbabwe. Nadat Suid-Afrika ná die einde van apartheid weer as toetsland by die Internasionale Krieketraad aangesluit het, het die Proteas vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem. Zimbabwe het vir ’n derde keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vyfde keer verskyn het.

Tydens die Krieketwêreldbeker 1992 is 39 wedstryde gespeel, waaronder 36 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Al die spanne het in een groep gespeel en elke span het een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel. Die vier beste spanne het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan. ’n Soortgelyke formaat is later in die 2019-toernooi in Engeland aangewend en sal ook by die volgende Krieketwêreldbeker 2023 in Indië gebruik word.

Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Suid-Afrika het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Suid-Afrika geklop en Pakistan vir Nieu-Seeland, voordat Pakistan die eindstryd op Melbourne-krieketveld in Melbourne teen Engeland met 22 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die verdedigende kampioen en medegasheer Australië is reeds in die groepfase uitgeskakel en het daarmee die eerste gasheerland en verdedigende kampioen in die Krieketwêreldbekergeskiedenis geword wat nie tot die uitklopfase deurgedring het nie. Dit is die laaste keer tot in die 2019-toernooi wat twee spanne in die eindwedstryd ontmoet wat nog nie ’n titel ingepalm het nie.

Die Krieketwêreldbeker 1992 was die eerste waartydens gekleurde spelertruie, wit krieketballe, sigskerms en spreiligte gebruik is. Die ingevoerde reënreël, wat die ou stelsel se probleme met reën sou oplos, is ná die toernooi as onsuksesvol beskou. Die hoofrede hiervoor was die halfeindstryd tussen Engeland en Suid-Afrika.

Toewysing Die Krieketwêreldbeker 1992 is toegewys aan Australië en Nieu-Seeland, nadat die IKR die vorige Krieketwêreldbeker 1987 ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken en ná onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur het.

Deelnemers Die volgende nege spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer: Australië (medegasheer), Engeland, Indië, Nieu-Seeland (medegasheer), Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketraad met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1992 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKR-trofee 1990 teen Nederland te wen. Zimbabwe het ná dié toernooi ’n volle lid geword en hul eerste toetswedstryd later in 1992 gespeel. Vir die eerste keer het Suid-Afrika as die agtste volle lid van die IKR aan dié toernooi deelgeneem en hulle het hul eerste toetswedstryd ná 22 jaar teen Wes-Indië een maand ná die Krieketwêreldbeker 1992 gespeel.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 26 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGashereVyfde1987Kampioen (1987)Vyfde1987Halfeindrondte (1975, 1979)Volle ledeVyfde1987Naaswenner (1979, 1987)Vyfde1987Kampioen (1983)Vyfde1987Halfeindrondte (1979, 1983, 1987)Vyfde1987Groepfase (1975, 1979, 1983, 1987)Eerste–DebuutVyfde1987Kampioen (1975, 1979)IKR-trofee 1990-wennerDerde1987Groepfase (1983, 1987)

Stadions Australië het 25 wedstryde op elf verskeie plekke gehuisves, terwyl Nieu-Seeland 14 wedstryde op sewe plekke aangebied het.

Sydney, Nieu-Suid-Wallis Melbourne, Victoria Adelaide, Suid-Australië Brisbane, Queensland Perth, Wes-Australië Sydney-krieketveld Melbourne-krieketveld Adelaide-ovaal The Gabba WACA Ground Kapasiteit: 48 000 Kapasiteit: 100 024 Kapasiteit: 53 500 Kapasiteit: 42 000 Kapasiteit: 20 000 150px 150px 150px 150px 150px Hobart, Tasmanië Canberra, Australiese Hoofstadgebied Bellerive-ovaal Manuka-ovaal Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 13 550 150px 150px Albury, Nieu-Suid-Wallis Berri, Suid-Australië Lavington Sportveld Berri-ovaal Kapasiteit: 20 000 Kapasiteit: 10 000 150px 150px Auckland, Noordeiland Christchurch, Suideiland Edenpark Lancasterpark Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 38 628 150px 150px Ballarat, Victoria Mackay, Queensland Oostelike ovaal Ray Mitchell-ovaal Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 10 000 Hamilton, Noordeiland Napier, Noordeiland Wellington, Noordeiland Nieu-Plymouth, Noordeiland Dunedin, Suideiland Seddonpark McLeanpark Basin Reserve Pukekurapark Carisbrook Kapasiteit: 10 000 Kapasiteit: 19 700 Kapasiteit: 13 000 Kapasiteit: 18 000 Kapasiteit: 29 000 150px 150px 150px 150px 150px

Formaat Die Krieketwêreldbeker 1992 is oor 33 dae tussen nege verskillende spanne oor 39 wedstryde beslis. Dit het op 22 Februarie 1992 op Edenparkstadion in Auckland, Nieu-Seeland, met die openingswedstryd tussen die twee gashere Nieu-Seeland en Australië begin. Die toernooi het geëindig op Melbourne-krieketveld in Melbourne, Australië, op 25 Maart met die eindstryd tussen Pakistan en Engeland, waartydens Pakistan die Benson & Hedges Wêreldbeker ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1992 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseFebruarie/MaartSa22So23Ma24Di25Wo26Do27Vr28Sa29So1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14So15Ma16Di17Wo18Seremonies | bgcolor=#d6325b|

|Groepfase | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 2 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 3

| bgcolor=#c364f3| 3UitklopfaseMaartDo19Vr20Sa21So22Ma23Di24Wo25Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1

Verklaring

Groepfase Die Krieketwêreldbeker 1992 is deur nege nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die nege deelnemende spanne in een enkele groep geplaas; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span agt wedstryde in die groepfase gespeel. Twee punte is vir ’n oorwinning toegeken, een vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die vier beste spanne het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die vier beste spanne van die groep het na die uitklopfase deurgedring. Die eerste span het teen die vierde span en die tweede span teen die derde span in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Skeidsregters en wedstrydbeamptes ’n Paneel van elf skeidsregters en twee wedstrydbeamptes is vir die toernooi gebruik.

Skeidsregters Peter McConnell (Australië) Steve Randell (Australië) David Shepherd (Engeland) Piloo Reporter (Indië) Brian Aldridge (Nieu-Seeland) Steve Woodward (Nieu-Seeland) Khizer Hayat (Pakistan) Dooland Buultjens (Sri Lanka) Karl Liebenberg (Suid-Afrika) Steve Bucknor (Wes-Indië) Ian Robinson (Zimbabwe)

Wedstrydbeamptes Peter Burge (Australië) Frank Cameron (Nieu-Seeland)

Wedstryde Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Nege spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die vier beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Span87100+0.59+4.761485210+0.47+4.361185300+0.14+4.361084310+0.17+4.33984400+0.20+4.22884400+0.07+4.14882510+0.14+4.95582510−0.68+4.21581700−1.14+4.032

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op die Melbourne-krieketveld in Melbourne ontmoet het.

duimnael|Die eindstryd tussen Pakistan en Engeland is op 25 Maart op Melbourne se Melbourne-krieketveld beslis

Halfeindrondte

Eindstryd

Krieketwêreldkampioen 1992

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al nege deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1992.

duimnael|400px|Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1992: duimnael|Pakistan se kaptein Imran Khan en die destydse Pakistanse eerste minister Nawaz Sharif met die Benson & Hedges Wêreldbeker nadat Pakistan die Krieketwêreldbeker 1992 gewen het RangSpanGroep Finaliste 1 – 10 6 1 3 2010 1912 +98 13 2 – 10 6 1 3 1903 1855 +48 13 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 – 9 7 0 2 1877 1776 +101 14 4 – 9 5 0 4 1780 1689 +91 10 In die groepfase uitgeskakel 5 – 8 4 0 4 1680 1531 +149 +4.22 8 6 – 8 4 0 4 1603 1565 +38 +4.14 8 7 – 8 2 1 5 1488 1357 +131 +4.95 5 8 – 8 2 1 5 1469 1672 –203 +4.21 5 9 – 8 1 0 7 1345 1750 –405 +4.03 2

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Martin Crowe 456 2 Javed Miandad 437 3 Peter Kirsten 410 4 David Boon 368 5 Rameez Raja 349 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Wasim Akram 18 2 Ian Botham 16 Mushtaq Ahmed Chris Harris 5 Eddo Brandes 14

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

1992 World Cup in Australia and New Zealand Benson & Hedges World Cup, 1991/92 The 1992 World Cup Benson & Hedges World Cup 1991/92 – Fixtures and Results

Kategorie:Geskiedenis van Australië Kategorie:Geskiedenis van Nieu-Seeland Kategorie:Krieketkompetisies in Australië Kategorie:Krieketkompetisies in Nieu-Seeland 1992 Kategorie:Sport in 1992