Die Krieketwêreldbeker 1987 (Engels: 1987 Cricket World Cup; Hindi: 1987 क्रिकेट विश्व कप; Oerdoe: کرکٹ عالمی کپ 1987ء) is van 8 Oktober tot 8 November 1987 in Indië en Pakistan beslis. Dit was die vierde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die eerste buite Engeland. Die Krieketwêreldbeker 1987 is deur die Indiese houermaatskappy Reliance Industries geborg en staan dus amptelik bekend as die Reliancebeker 1987.

duimnael|links|upright|Die Reliancebeker vir die Krieketwêreldbeker 1987 Die toernooi se formaat van 1983 het onveranderd gebly, behalwe vir die afname in die aantal boulbeurte van 60 tot 50, die huidige standaard vir alle EDI-wedstryde wat buite Engeland gespeel word, en agt nasionale krieketspanne het aan die toernooi deelgeneem: Die destydse sewe toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1986-wenner Zimbabwe. Zimbabwe het vir ’n tweede keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem, terwyl al die ander spanne vir ’n vierde keer verskyn het. Gevolglik was daar geen debutant nie.

Tydens die Krieketwêreldbeker 1987 is 27 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span twee keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 50 boulbeurte per span bestaan en is – vir ’n laaste keer in die toernooi se geskiedenis – in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroegoggend begin.

Australië, Engeland, Indië en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan geklop en Engeland vir Indië, voordat Australië die eindstryd op Eden Gardens in Kalkutta teen sy aartsvyand Engeland met sewe lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Die tweemalige kampioen Wes-Indië het nie aan die verwagtinge voldoen nie en nie die uitklopfase gehaal nie. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.

Toewysing Die Krieketwêreldbeker 1987 is ondanks Engelse weerstand aan Indië en Pakistan toegeken, nadat die IKK na onderhandelinge ’n rotasiestelsel goedgekeur en die volgende Krieketwêreldbeker 1992 aan Australië en Nieu-Seeland toegewys het. ’n Verskuiwing van die toernooi se huisvesting het ’n afname in die aantal boulbeurte per span van sestig tot vyftig weens die korter dagligtydperk tot gevolg gehad.

Deelnemers Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1987 gekwalifiseer: Australië, Engeland, Indië (medegasheer), Nieu-Seeland, Pakistan (medegasheer), Sri Lanka en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1987 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee 1986 teen Nederland te wen. Dieselfde agt spanne het ook aan die 1983-toernooi deelgeneem.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 24 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGashereVierde1983Kampioen (1983)AVierde1983Halfeindrondte (1979, 1983)BVolle ledeVierde1983Naaswenner (1975)AVierde1983Naaswenner (1979)BVierde1983Halfeindrondte (1975, 1979)AVierde1983Groepfase (1975, 1979, 1983)BVierde1983Kampioen (1975, 1979)BIKK-trofee in 1986-wennerTweede1983Groepfase (1983)A

Stadions Indië het 17 wedstryde op 14 verskeie plekke gehuisves, terwyl Pakistan tien wedstryde op sewe plekke aangebied het.

Kalkutta, Wes-Bengale Bombaai, Maharashtra Madras, Tamil Nadu Hyderabad, Andhra Pradesh Bangalore, Karnataka Eden Gardens Wankhedestadion M. A. Chidambaram-stadion Lal Bahadur Shastri-stadion M Chinnaswamy-stadion Kapasiteit: 120 000 Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 50 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 45 000 150px 150px 150px 150px 150px Indore, Madhya Pradesh Delhi, Nasionale hoofstadgebied Nehrustadion Feroz Shah Kotla Ground Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 48 000 150px Ahmedabad, Gujarat Chandigarh, Punjab-Haryana Sardar Patel-stadion Sector 16-stadion Kapasiteit: 48 000 Kapasiteit: 48 000 150px 150px Cuttack, Orissa Nagpur, Maharashtra Barabatistadion Vidarbha-krieketverenigingveld Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 40 000 150px 150px Kanpur, Uttar Pradesh Jaipur, Rajasthan Pune, Maharashtra Faisalabad, Punjab Gujranwala, Punjab Green Park Sawai Mansingh-stadion Nehrustadion Iqbalstadion Munisipale Stadion Kapasiteit: 40 000 Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 20 000 150px 150px 150px 150px Hyderabad, Sindh Karatsji, Sindh Lahore, Punjab Pesjawar, Khyber Pakhtunkhwa Rawalpindi, Punjab Niazstadion Nasionale Stadion Gaddafistadion Arbab Niaz-stadion Pindi Club Ground Kapasiteit: 15 000 Kapasiteit: 45 000 Kapasiteit: 65 250 Kapasiteit: 25 000 Kapasiteit: 25 000 150px 150px 150px

Formaat Die Krieketwêreldbeker 1987 is oor 32 dae tussen agt verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 8 Oktober 1987 op Niazstadion in Hyderabad, Pakistan, met die openingswedstryd tussen die medegasheer Pakistan en Sri Lanka begin. Die toernooi het geëindig op Eden Gardens in Kalkutta, Indië, op 8 November met die eindstryd tussen Australië en Engeland, waartydens Australië die Reliancebeker ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1983 gebruik.

Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1987 se daaglikse program aan. ’n Rooi blokkie dui op die openingseremonie, ’n pers blokkie op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseOktoberDo8Vr9Sa10So11Ma12Di13Wo14Do15Vr16Sa17So18Ma19Di20Wo21Do22Vr23Sa24So25Ma26Di27Wo28Do29Vr30Sa31Seremonies | bgcolor=#d6325b |

|Groep A | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 Groep B | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1

| bgcolor=#c364f3| 2 |UitklopfaseNovemberSo1Ma2Di3Wo4Do5Vr6Sa7So8Uitklopfase

| bgcolor=#00cc33| 1 | bgcolor=#00cc33| 1

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Krieketwêreldbeker 1987 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 1983 gebruik is; elke span het twee wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Skeidsregters ’n Paneel van twaalf skeidsregters is vir die toernooi gebruik.

David Archer (Australië) Dickie Bird (Engeland) David Shepherd (Engeland) Ram Gupta (Indië) V. K. Ramaswamy (Indië) Steve Woodward (Nieu-Seeland) Khalid Aziz (Pakistan) Khizer Hayat (Pakistan) Amanullah Khan (Pakistan) Mahboob Shah (Pakistan) P. W. Vidanagamage (Sri Lanka) David Shepherd (Wes-Indië)

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Span6510+5.41206510+5.19206240+4.8986060+3.760

Groep B Span6510+5.01206420+5.14166330+5.16126060+4.040

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Eden Gardens in Kalkutta ontmoet het.

duimnael|Die eindstryd tussen Australië en Engeland is op Kalkutta se Eden Gardens beslis

Halfeindrondte

Eindstryd

Krieketwêreldkampioen 1987

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1987.

duimnael|400px|Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1987: RangSpanGroep Finaliste 1 A 8 7 0 1 1974 1818 +156 28 2 B 8 5 0 3 1995 1812 +183 20 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 B 7 5 0 2 1746 1642 +104 20 4 A 7 5 0 2 1583 1540 +43 20 In die groepfase uitgeskakel 5 B 6 3 0 3 1548 1342 –206 +5.16 12 6 A 6 2 0 4 1357 1392 –35 +4.89 8 7 B 6 0 0 6 1192 1675 –483 +4.04 0 8 A 6 0 0 6 1127 1301 –174 +3.76 0

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Graham Gooch 471 2 David Boon 447 3 Geoff Marsh 428 4 Viv Richards 391 5 Mike Gatting 354 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Craig McDermott 18 2 Imran Khan 17 3 Patrick Patterson 14 Maninder Singh 5 Eddie Hemmings 13

Sien ook

Rugbywêreldbeker 1987

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

India and Pakistan – The World Cup, 1987 Reliance World Cup 1987/88 Reliance World Cup, 1987–88 Reliance World Cup 1987 – Fixtures and Results

Kategorie:Geskiedenis van Indië Kategorie:Geskiedenis van Pakistan Kategorie:Krieketkompetisies in Indië Kategorie:Krieketkompetisies in Pakistan 1987 Kategorie:Sport in 1987